“Leierskap is nie ’n gewildheidskompetisie nie. As die spelers iemand soek wat heeltyd hul magies kielie, doen ek vir seker nie my werk behoorlik nie,” is die Aussie-breier se vuurvreter-antwoord.
Alles vir Dinsdag 2 Februarie 2021
Wees ingelig oor detokse
Daar is verskillende maniere wat mense gebruik om te detoks, onder meer om vir ʼn aantal dae slegs tuisgemaakte vrugtesap te drink.
Kaapse prokureur skuldig wat POF uit miljoene swendel
Die Valke se ondersoek het aan die lig gebring dat Meyer in sommige gevalle die volle opbrengs van uitbetalings in sy sak gesteek het, terwyl hy in ander gevalle ʼn vals betalingsbewys aan kliënte voorgehou het.
Nóg hoogdrama by Zondo-kommissie verwag
Maandag se getuienis het grootliks gewentel om opposisie-LP’s se getuienis oor hoe hulle meen die ANC se parlementslede nie hul oorsigrol in die parlement uitvoer nie.
Burgery moet druk oor ‘onbillike’ regulasies volhou
Die organisasie glo die toenemende druk wat reeds die afgelope paar dae uitgeoefen is, het bygedra tot die verslapping van die afsonderingsmaatreëls wat Maandagaand bekend gemaak is.
Drankbedryf verwelkom verslapte regulasies
Die bedryf sê die derde verbodsbepaling wat Ramaphosa op 28 Desember ingestel het, het die bedryf verpletter en sy langtermynoorlewing in die gedrang gebring. Hy eis ook dringende en gereelde hersiening van voortgesette beperkings terwyl die situasie verbeter.
Covid-19-statistieke: Net meer as 2 500 nuwe gevalle
Die herstelkoers vir Covid-19 staan nou op 89%.
Gedagte vir die dag: Ewige arms
Die ewige God is jou skuilplek en onder jou is sy ewige arms. Hy verdryf die vyand voor jou uit. (Deuteronomium 33:27)