Dié week gesels die Podlitiek-span oor die regering wat die Kubaanse gesondheidsorgwerkers vir die Nobelprys vir Vrede wil benoem, oudpres. Jacob Zuma en die Zondo-kommissie asook onteiening sonder vergoeding.
Alles vir Donderdag 4 Februarie 2021
Botsing tussen Memel en Newcastle eis 4
Die bestuurders van die voertuie is die enigste oorlewendes.
Helpende Hand stig tak vir gehoorgestremdes
“Ons droom groot van baie projekte, baie studiefondse, opleiding van tolke en om baie mense te help. Hierdie tak is nuut en enig in sy soort. Hierdie tak is vir ons ontsettend belangrik – as dit floreer, maak dit deure vir nog takke soos dié oop.”
Hoe kom jy by Mabibi uit? Hou net reguit aan
Eintlik wil ek vir niemand van Mabibi vertel nie. Ek wil eerder alles net vir myself hou. Dit is ’n baie spesiale plek.
Nóg twee dalk beseer in Vanderbijlpark-skietery
Bewerings dat die man ook sy vrou en kinders geskiet het voordat hy selfmoord gepleeg het, is onwaar.
Mussolini se agterkleinseun kry sokkerkontrak
“Die las van sy Mussolini-van? Ek het nog nooit met sy ouers gepraat nie. Al wat vir my saak maak, is of ’n speler dit verdien om te speel. Hy is ’n nederige seun wat nie kla nie.”
‘Renosterhof’ bly in Skukuza
ʼn Hofstryd word al jare lank hieroor gevoer waarna die Konstitusionele Hof vroeër die week finaal beslis het.
Robotte bedien gaste by Sandton-hotel
Hotel Sky meen hy is die eerste hotel in Afrika om robotte in diens te neem.
SA landbouers mag weer na die VSA reis
Die VSA maak nou weer voorsiening vir tydelike landbouwerkers vanuit tientalle lande, waaronder Suid-Afrika, om met ’n H-2A-visum tydelik in dié land te werk.
#Jongstemme: Die nostalgie uit Suid-Oos Asië…
Alhoewel Viëtnam ons met ‘n klapsoen en Hanoi-bier verwelkom het, bly dit ‘n onbekende wêreld vir beide jong man en vrou om hul geboorteland te verlaat en ‘n ander land “huis” te noem, skryf Corli Henderson.
Taalgebruik: s’n, sin
Moenie dié twee woorde met mekaar verwar nie.
Sê saam dankie vir gesondheidwerker-helde
Jy kan ook ʼn boodskap van waardering aan alle dokters, verpleegsters en ondersteunende personeel op die wit lint gaan skryf.
Vanjaar se Golden Globe-benoemings bekend
Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die toekenningsgeleentheid dat drie vroue in dieselfde jaar in die kategorie vir beste regisseur benoem is.
Boeke: ‘Kuifie in Tibet’, ‘Die juwele van Bianca Castafiore’
‘Die avonture van Kuifie’ is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn het en is vandag steeds gewild.
Leon van Nierop se resensie: My Salinger Year
Glad nie lus vir die taai toffieappel wat jeugreekse tans in jou mond druk nie? Dan sal hierdie rolprent, wat tans in fliekteaters wys, jou dalk bedwelm.
Amper 30 000 toeskouers by BBL-eindstryd toegelaat
Kort nadat die Australiese Krieketraad aangedui het dat hy weens Covid-19-vrese nie na Suid-Afrika kan toer nie, het die plaaslike regering van Nieu-Suid-Wallis beslis dat die Sydney Cricket Ground tot 75% van sy kapasiteit vir die Big Bash League-eindstryd gevul mag word.
Help jou kind om uit te sien na die grootskool
Die lyk of die Covid-19-virus nog vir die res van die jaar gaan bepaal hoe en wanneer ons kinders skool toe gaan. Dit hoef egter nie ’n onseker tyd te wees nie. Hier is ’n paar wenke wat kan help om die eersteskooldagmonster se tande te trek.
Witbank-aftreeoord-moord: Verdagte gee homself oor
Die moord op Johanna Rossouw (86) het inwoners van die Eden Park-aftreeoord geskok.
Ondersoek verwelkom na ‘twyfelagtige’ Kubaanse medisyne vir weermag
Die ondersoek moet bepaal wie besluit het om die Kubaanse medisyne aan te koop en wie nou aanspreeklik gehou moet word.
Grootskaalse bedrog met bestuur van Covid-19-inisiatiewe – OG-verslag
Dít is van die bevindings in die ouditeur-generaal se tweede spesiale verslag oor die finansiële bestuur van die regering se Covid-19-inisiatiewe.