Die boosdoeners het met ʼn vragmotor opgedaag en ʼn hyskraan gebruik om die transformator weg te ry.
Lees meerAlles vir Vrydag 5 Februarie 2021
Pad van R40 miljoen spoel weg
Die DA eis nou om te weet presies hoeveel ander tenders die betrokke maatskappy gekry het.
Miljoene se PPE in Carletonville-hospitaalbrand verwoes
Die toerusting was bestem vir die AngloGold Ashanti-hospitaal terwyl bouwerk daar gedoen word.
Mediclinic merk daling in Covid-19-verwante opnames
Die hospitaalgroep sê algehele opnames het met 50% afgeneem sedert die tweede kruin van die pandemie teen die middel van verlede maand bereik is.
Ekwiteitsfonds vir toerisme voorlopig gestaak
Die minister van toerisme het aangedui dat sy eers met die organisasies oor die fonds wil vergader.
Taalgebruik: statistiek, statistieke, syfers
Die Afrikaans vir “statistics” is “statistiek” of “statistieke”, wat verskillende betekenisse het. Taaltoffie stel ondersoek in.
Miljoene rande vir sentrums vir vroeë kinderontwikkeling
Volgens die departement gaan die pakket die sentrums in ʼn beter posisie plaas om die pandemie te oorleef omdat dit kan help om uitgawes, waaronder salarisse, te dek.
ToekomsVenster: Ons het die blye boodskap ontvang
Die vraag is, het die Woord se saad in ons effek, of is ons net so moedeloos en troosteloos soos die res van die mense?
Strandbetoging by Vishoek beplan
In sy uitnodiging op sosialemediaplatforms sê WAM “ons, die mense, het die strande heropen en nou gaan ons die afsonderingstyd beëindig”.
Nuwe begin vir Rusty
Die DBV sê Rusty, wat nou Saint heet, kon nie vir ʼn beter tuiste gevra het nie.
Sama vies oor Nobel-steun vir Kubaanse dokters
“Ons besef die Kubaanse dokters vorm deel van ʼn groter projek – maar kom ons vergeet nie dat die Suid-Afrikaanse belastingbetaler meer as R400 miljoen opdok om hulle hier te hê nie. Ons kan werklik nie verstaan waarom hulle vir die Nobelprys benoem word as hulle betaal word om ʼn diens te lewer nie.”
Aftreeoord-moord: ‘Ek is skuldig’
Tersius du Plessis het Vrydag in die hof erken dat hy die 86-jarige Johanna Rossouw by haar huis in die Eden Park-aftreeoord vermoor het.
Miljarde se PPE-kontrakte ondersoek – SOE
Altesaam 189 bewerings van korrupsie met die aankope van PPE is reeds by die SOE aangemeld.
Tiener wat byna verdrink in kritieke toestand
Mediese personeel, wat almal toevallig op die strand was, het begin om kardiopulmonêre resussitasie op die pasiënt uit te voer.
Egpaar gevonnis wat hul kinders verkrag, mishandel
“Die egpaar verdien nie om ouers te wees nie, daarom is die voorgeskrewe vonnis opgelê.”
’n Groentuin vir beginnerboere
Daar is darem maar net iets besonders aan vars groente direk uit die aarde. Die geur is ongelooflik, ʼn mens weet sommer dit is propvol voedingstowwe en niks kan die trotse gevoel klop as jy eers die vrug van jou arbeid begin oes nie. Ons het ʼn paar wenke vir hoe om jou eie groentetuin te begin:
Anrich Nortjé, die blitsige bittereinder
Die 27-jarige snelbouler het met sy vinnigste aflewering van die beurt – ’n kartets van 150,3 km/h – gewys dat ’n stadige kolfblad in Rawalpindi hom nie veel pla nie.
Man betrap met bedreigde vetplante
Die geskatte waarde van die vetplante beloop ʼn paar honderdduisend rand.
Oos-Kaap nog nie gereed om skole te heropen
Nog net 20% van skole het handboeke en 68% het skryfbehoeftes ontvang.
Zuma en die Stalingrad-strategie
Die afgelope dae, weke en selfs maande is daar een woord wat telkemale opduik wanneer oudpres. Jacob Zuma sy volgende skuif beplan om die Zondo-kommissie en die talle aanklagte teen hom te probeer ontglip: die Stalingrad-opsie. Maar wat is die Stalingrad-opsie of -strategie?