Kyk ook die video van die Vaaldam se sluise wat oopgemaak is.
Alles vir Donderdag 11 Februarie 2021
‘Hy gaan dit van alle kante kry’ – politieke ontleder oor staatsrede
“Dit lyk tans of ons ʼn afwesige president het,” sê ʼn politieke kenner in aanloop tot vanaand se staatsrede.
Vryspraak: Wat Afrikaners kan leer by die VSA
Hoe lank kan ‘n beskawing wat sy eie bronne verontagsaam en minag, behoue bly? En wat staan diegene te doen wat steeds tot dié beskawingsbronne aangetrokke voel? Dit is die vrae wat Carel Boshoff van die Vryheidstigting wil beantwoord.
Wag skiet sy toesighouer
Drie skote is glo afgevuur.
Drie verdagtes dood, boer gewond tydens plaasaanval
Die boer het ’n ernstige meswond opgedoen en is na die hospitaal gehaas.
‘Slegs R1,2 m.’ – die regering begryp nie sy eie SEB-beleid nie
Dit het nou ’n punt bereik waar dit amper noodsaaklik is vir besighede om duur nakomingsafdelings te stig om te verseker dat die onderneming aan die regering se goeie kant bly.
Polisie moet wegbly van staatsrede – EFF
Die EFF beskuldig die regerende party daarvan dat hy ʼn “oppervlakkige obsessie met koloniale seremonie” het.
Beiroet-ontploffing kon ‘veel erger’ gewees het
Sommige van die chemikalieë is so toksies dat dit gate regdeur enorme vraghouers gevreet het.
Onteiening sonder vergoeding groot bron tot kommer
Wat ons tans by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping hoor oor ministers se optrede, moet koue rillings teen ons rûe laat afloop oor wat met onteiening sonder vergoeding kan gebeur.
SA wynkenner oes eretitel in
Divol is die enigste persoon met Suid-Afrikaanse bande wat in 2020 dié Franse merietetoekenning ontvang het.
BMW se F 900 XR nie sonder foute
Die BMW F 900 XR het ’n paar tekortkominge, maar vir ’n fiets waarop ek nostalgies kon raak, was hy in die kol, skryf Brian Cheyne.
Drie jong kinders sterf in ongeluk
Die N1 was vir ʼn ruk lank heeltemal gesluit.
Afrikaanse sangeres deel nuus oor vierde swangerskap
“Ek kan dit seker nie meer wegsteek nie.”
Mik-en-mokerreeks begin teen Pakistan
Gelukkig behoort die opwindende Janneman Malan ook speelkans te kry. In 45 eersterangse T20-kragmetings het hy 1 369 lopies teen ’n treftempo van 135 gemoker.
Covid-19-entstof: SA’ners bekommerd oor newewerkings, proewe
Suid-Afrikaners is grootliks verdeeld oor die kwessie of die entstof verpligtend gemaak moet word, wys ʼn studie deur Ipsos.
‘Ek is regstreeks hier. Ek is nie ʼn kat nie’
ʼn Geleentheid wat gewoonlik baie statig en ernstig is, het ʼn onverwagse wending geneem toe ʼn prokureur met ʼn katfilter op die skerm verskyn het.
Een dood toe huis se dak meegee
Twee mans was met paramedici se aankoms op die toneel besig om die man van onder die beton te bevry.
Resep: Tunarollade
ʼn Heerlike gereg waaraan die hele familie sal smul.
Taalgebruik: epos, e-pos
Is ‘n elektroniese pos ‘n “epos” of ‘n “e-pos”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Platejoggies afgedank ná ernstige klag
’n Vrou het onlangs ernstige bewerings teen DJ Fresh en Euphonik op Twitter gemaak.