Foto’s van ʼn trop wilde honde in Rusland word wyd versprei oor hul vreemde kleur.
Alles vir Maandag 15 Februarie 2021
Lasbrief vir radio-omroeper se man uitgereik
Dimakatso Ratselane veg om haar lewe in die hospitaal nadat sy Woensdagaand verskeie meswonde opgedoen het.
Arabies-Afrikaanse werke deur Taalmonument vereer
Die talle inskrywings, van religieuse tekste, oorspronklike werke oor Afrikaans en kwessies soos ubuntu tot die lirieke van Spoegwolf en Refentse, bewys dat Arabies-Afrikaans steeds tot die taalskatkis bydra.
PayDay-sagteware – Stuur jou onderneming in die regte rigting
Meer as 3 500 korporatiewe ondernemings reg oor Afrika en byna 50% van die plaaslike regering in Suid-Afrika maak reeds staat op PayDay Software Systems.
Polisie vra geduld met vuurwapenamnestie
Die polisie het die omkeertyd vir die hernuwing van lisensies verleng.
Boek-uittreksel: ‘Papierblomme’ – Helena Hugo
Soos papierblomme in die wind, so het Jeanine se lewe verwaai. Sal sy dit regkry om die flenters van haar lewe weer op te tel?
Boek: ‘Coucou, Lulu’ – Fanie Viljoen
‘Coucou, Lulu’ is die laaste boek in Fanie Viljoen se gewilde Lulu-reeks. Dit is geskik vir kinders sewe jaar en ouer.
Nadal deur na 43ste kwarteind
In die vroue-enkelspel het die Amerikaner Jessica Pegula, 61ste op die wêreldranglys, haar veldtog voortgesit.
Lasbrief ten spyt, Zuma gaan nié verskyn
Zuma se regspan het Maandag ʼn brief uitgestuur kort voor die oudpresident voor die Zondo-kommissie van ondersoek moes verskyn.
Lek van vraestelle beïnvloed nie uitslae – verslag
Amper 300 leerders het vooraf toegang gehad tot die gelekte wiskunde- en wetenskapvraestelle tydens die matriekeksamen verlede jaar.
Interdik teen inwoners oor Graafwater-skool
Een van die inwoners het selfs aanlyn dreigemente en foto’s van ʼn aanvalsgeweer geplaas nadat besluit is om die skool in een vir leerders met spesiale behoeftes te omskep.
Woord: kerjakker
Wat beteken dit om te “kerjakker”? Taaltoffie ondersoek dié interessante woord.
Prins Harry, Meghan deel groot nuus
Prins Harry en sy vrou, Meghan Markle, het op Valentynsdag ʼn swart-en-wit foto van die egpaar uitgereik waar hulle onder ʼn boom vir mekaar sit en glimlag.
Lewenslange tronkstraf vir transitorowers
Een van die rowers het intussen ontsnap.
Resep: Maalvleisroerbraai
ʼn Geurige maaltyd gelaai met groente en proteïen.
Zuma en Zondo: Hoekom Maandagoggend so belangrik is
Oudpres. Jacob Zuma moet Maandagoggend om tienuur voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping verskyn, en groot onsekerheid heers oor of hy die hofuitspraak wat hom verplig om dit te doen, gaan gehoorsaam.
Ebola-uitbreking in Guinee as ‘epidemie’ beskryf
Die gevalle is die eerste oplewing van die virus in Wes-Afrika sedert ʼn epidemie tussen 2013 en 2016 wat in Guinee begin het en uiteindelik tot 11 300 sterftes in die streek gelei het.
Man vas wat homself as polisiekaptein voordoen
ʼn 28-jarige man sal na verwagting Maandag in die Polokwane-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklag van bedrog en korrupsie nadat hy homself in 2019 as ʼn polisiekaptein voorgedoen het.
Trump vrygespreek in staat van beskuldiging-hofsaak
Die senaat het Donald Trump, oudpresident van die VSA, vrygespreek ná hy vir ʼn tweede keer in ʼn staat van beskuldiging geplaas is.
Covid-19-statistieke: Só staan sake
Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.