Die EFF sê die afleggings by die parlement volg ʼn goed bewimpelde plan om die meeste Suid-Afrikaners arm te hou en die private sektor die kans te gee om sleutelfunksies by die regering oor te neem.
Lees meerAlles vir Saterdag 6 Maart 2021
Maats probeer vergeefs tiener se lewe red
Hulle het glo sowat 20 minute lank probeer om die seun by te bring.
Dokter in boeie ná sy glo vir metro wegjaag
“Die woedende vrou het haar Merc in die middel van die hoofweg gestop. Sy was reeds kwaad …”
Kuier in Nagkantoor: Die tragedie van die ‘SAS Pres. Kruger’
18 Februarie 1982 was ʼn baie donker dag in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Vloot. “Ek het dadelik geweet hier is moeilikheid, want die slag van die ongeluk het my vasgedruk in ons kajuit.”
Mondelinge voorleggings voor komitee oor onteiening nou moontlik
Die komiteevoorsitter het benadruk dat die hele openbare deelnameproses nie heropen word nie.
Polisiesersant sterf toe aanvallers losbrand
Hulle het die gewonde polisiebeampte uit die voertuig gepluk en daarmee weggejaag.
Foto’s: Olifantkalf sterk goed aan ná strik-marteling
Die olifantkalf moes weke lank met die strik om haar kop rondloop – maar nou het sy ʼn veilige hawe gevind.
Internasionale oorsig: Wat is Biden se strategie met Iran?
Nuwe vrae oor die kanse op sukses in pres. Joe Biden se poging om die VSA weer deel van ʼn kernooreenkoms met Iran te maak.
Olieprys op hoogste vlak in jare
In April verlede jaar, terwyl die Covid-19-pandemie wêreldwyd ekonomiese verwoesting gesaai het, het die prys van olie tot minder as nul dollar per vat gedaal. Dit styg nou egter beduidend.
Ongeluk op N1 in Limpopo eis sewe
Volgens die voorlopige ondersoek het ʼn sleepwaentjie van ʼn bakkie losgekom.
Faf, Lood weer ysters
Dit is ʼn groot jammerte dat die vier Suid-Afrikaanse Super-franchises nie nou al met die topspanne in die Engelse Premierliga sal kragte meet nie.
Markus Jooste in Duitsland aangekla
Drie oudbestuurders word beskuldig van “fiktiewe transaksies” ten bedrae van meer as sowat R17 miljard.
Ramaphosa aanvaar omstrede NVG-hoë se bedanking
Adv. Moipone Noko het gevra om te bedank drie dae nadat sy ingelig is dat ʼn ondersoek na haar geskiktheid vir die pos op hande is en sy moontlik geskors gaan word.
Geen einde aan koninklike moddergooiery
Daar is kommer oor wat die uitwerking van prins Harry en sy vrou, Meghan, se openhartige onderhoud met die kletskoningin Oprah Winfrey kan hê.
Mbalula vies oor berigte dat Prasa-hoof ‘te oud’ is
Die minister voer aan die berigte oor Zolani Matthews, Prasa se nuwe uitvoerende hoof, soek sommer sensasie.
Kweek gewoontes wat jou immuniteit bou
“Om planne te beraam om jou immuniteit ʼn hupstoot te gee, het ʼn groot gier in tydens die Covid-19-pandemie geword. Tog kan die idee wetenskaplik misleidend wees en gebruik word om produkte of behandelings mee te verkoop.”
Bezuidenhout hou deur oop by Arnold Palmer-toernooi
Die verwagte reën sal verdere uitdagings aan die spelers stel.
Duitse paartjie skuldig meer as tien jaar na moord in SA
Claus Schroeder se liggaam is tot vandag nie gevind nie.
Covid-19-statistieke: 100 000 al ingeënt
Die herstelkoers is steeds naastenby 94%.
Gedagte vir die dag: Selfversekerd
Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. (Romeine 12:1)