Vier persone is Saterdag dood en twee beseer toe ʼn weermagvliegtuig in Almaty, Kazakhstan, tydens sy landing neergestort het.
Lees meerAlles vir Saterdag 13 Maart 2021
ANC hoogs verdeeld oor OB
Die ANC-hoofsweep in die parlement se lang en versigtig bewoorde mediaverklaring laat blyk dat die detail op die punt is om op skadelike wyse uit te lek en dat die ANC solank skadebeheer doen.
Snuffelhond spoor dwelms van R6,5 miljoen op
Die dwelmmiddels was vir Australië bestem.
Sewe vas oor Stellenbosch-rooftog
Die Wes-Kaapse blitspatrollie het Vrydagoggend vinnig reageer ná ʼn sakerooftog in Stellenbosch.
Nuwe BEE-kode skaad regsprofessie se onafhanklikheid, werking
“Die kode skaad nie net die privaat belange van praktisyns, firmas en kliënte nie, maar ook die openbare belang, gegewe die regsprofessie se funderende rol in ʼn konstitusionele orde.”
Plan gemaak met Voëlklip
“’n Mooi plek het ʼn begraafplaas geword.” Dis hoekom die munisipaliteit nou alle memorabilia wat slagoffers van Voëlklip gedenk, wil verwyder.
Groot buitelandse eer vir DA-hoofsweep
Daar is deesdae ‘n dottoressa in die Suid-Afrikaanse parlement, en haar naam is Natasha Mazzone, DA-hoofsweep
Steve, Armand wy nuwe Weiveld-teater in
“Ek is verheug om ʼn bietjie uit te kom en weer saam met my mense te kuier,” het Steve opgewonde gesê.
Alonso jaag met titaan-plaatjies in kaak
“Ek verwag geen probleme nie,” het die Spaanse ster gesê en terstond die vinnigste tyd in vanoggend se toetslopie opgestel. Selfs vinniger as Lewis Hamilton.
Nog geen besluit oor OB nie, sê ANC-koukus
“In hierdie stadium is die ANC-koukus baie duidelik: dit sal voortydig wees om te bepaal of daar ʼn stemmery sal wees vir of teen die verwydering van die openbare beskermer.”
Noordwes-toppresteerders kry hupstoot met skootrekenaars
Sedert 2013 het 145 matrieks skootrekenaars ter waarde van R1,3 miljoen ontvang.
Britse polisiebeampte in elite-eenheid verdink van moord op vrou
Die polisie in Londen het Vrydag ʼn kollega aangekla van ontvoering en moord, ure ná ʼn liggaam wat in bosland gevind is, uitgeken is as dié van ʼn vermiste vrou in ʼn hoëprofielsaak wat Brittanje geruk het.
Spesiale begrafnis vir Zoeloekoning aangekondig
Die landsvlag sal vanaf Saterdag ook landswyd halfstok hang tot met die aand van die begrafnisdiens.
SA se Patrice Motsepe nou hoof van Afrikasokker
Die Suid-Afrikaanse mynmagnaat is die negende rykste man in Afrika.
Elf jaar ná Anika Smit se moord: ‘Iemand moet iets weet’
Anika sou vanjaar haar 29ste verjaardag gevier het. “Ek loop soms van haar vriendinne raak wat al getroud is, wat al kinders het – en dan voel ek die gemis verskriklik erg. Anika was my enigste kind. Wie ook al haar lewe geneem het, het baie meer as haar lewe weggevat.”
Gholf: Frittelli uit die bloute op voorgrond
Suid-Afrika se Dylan Frittelli het die juk van middelmatigheid wat hom die afgelope ruk gevolg het, afgeskud en die beste van die Suid-Afrikaners gevaar ná die eerste twee rondes van die Spelerskampioenskap.
Beurtkrag duur oor die naweek voort
Indien die eenhede nie aangeskakel kan word nie, is die waarskynlikheid groot dat beurtkrag ook tydens in die komende week kan voortduur.
Só lyk jongste Covid-19-statistieke
Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.
Gedagte vir die dag: Roetine-ondersoek
Daarom – as julle dink julle staan sterk, moet julle oppas dat julle nie ook tot ’n val kom nie. Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ’n uitweg sorg sodat julle dit kan verduur. (1 Korintiërs 10:12-13)