’n Oupa se oggendgesprekke met die Here, agter ’n toe studeerkamerdeur, het ’n klein seuntjie se begeerte geprikkel om ook so ’n intieme verhouding met sy Skepper te hê. Daardie seuntjie is Peet Bekker. Vandag stap hy letterlik sy eie geloofspad met die Here. Deel van sy reis is om vir dorpe te bid.
Lees meerAlles vir Sondag 14 Maart 2021
Oud-KP-leier oorlede
Die voormalige leier van die Konserwatiewe Party, dr Ferdi Hartzenberg, is Vrydag in die ouderdom van 85 in Lichtenburg in Noordwes oorlede.
Lelies kan jou kat bokveld toe stuur
“Slegs ʼn klein hoeveelheid van dié gifstowwe is nodig om groot skade aan te rig.”
Unieke fynbosreservaat voed die siel
Grootbos Privaat Natuurreservaat, naby Gansbaai, se somerafslagtarief vir Suid-Afrikaners maak hierdie bekroonde fynbosparadys nou ook vir ons toeganklik en dis waar jy midde-in ons unieke fynboskoninkryk jou siel tot ruste kan bring, skryf Maryke Roberts.
Windenergie kan SA se ligte aanhou
Windenergie kan ingespan word om tot agt keer meer elektrisiteit op te wek as wat Suid-Afrikaners jaarliks nodig het.
Mogoeng gaan appelleer oor pro-Israel-uitlatings
Mogoeng het onder skoot gekom toe hy in Junie verlede jaar tydens ʼn webinaar sy volle ondersteuning aan Israel toegesê het.
Hoekom beelde?
Die FAK het onlangs aangekondig dat ons die Kruger-beeldegroep op Kerkplein weer van die grond af gaan opbou. Daarmee neem die FAK ons erfenis in eie hande, sodat nóg die regering nóg politieke vandale hierdie kultuurskatte kan beskadig, skryf Daniël Goosen.
Luister: Voorwaarts mars met Reynardt Hugo
Êrens langs die pad het Reynardt Hugo besef dit is tyd om halt te roep en hy het tot bekering gekom. Sedertdien marsjeer hy in ʼn ander rigting – gepantser met die wapenrusting van God.
US ignoreer menseregtevergrype teen Afrikaanse studente, sê DA
In plaas daarvan om proaktief en met empatie te reageer, het die bestuur van die universiteit tot dusver probeer wegkruip, die klagtes ignoreer of probeer afmaak as ʼn ‘verkeerde interpretasie’ van die ‘gees’ van die taalbeleid.
Verlengde registrasieperiode by universiteite verwelkom
“Gegewe die uitdagings en vreemdhede van hierdie akademiese jaar maak dit absoluut sin om studente genoeg kans te bied om deel te word van die universiteitsgemeenskap.”
AB, Zoeloe in Wisden se WB-span
Om deur Wisden vereer te word, is selfs meer spesiaal as die keer toe jy onverwags R200 tussen jou wasgoed gekry het.
Internasionale oorsig: Koningshuis onder druk ná geniepsige onderhoud
ʼn Oorgrote meerderheid van Britse burgers is steeds ten gunste van die behoud van die monargie.
Internasionale oorsig: Belangrike verkiesings lê voor die deur
Oor die volgende paar dae sal kiesers in verskeie lande na die stembus gaan om nuwe politieke verteenwoordigers te verkies.
Beurtkrag duur voort, sê Eskom
Die kragvoorsiener Eskom het Sondag gesê fase 2-beurtkrag sal tot Woensdag om 05:00 voortduur nadat verdere kragopwekking en noodreserwes verloor is.
Daso eis Blade Nzimande se kop
Die DA-studenteorganisasie (Daso) sê hy het in 2020 reeds versoek dat meer finansiering vir die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) beskikbaar gemaak moet word, omdat hulle die probleme voorsien het wat tans aan die gang is.
Europese rugby: Saints klop Sale se amperse SA span
Dis makliker gesê as gedaan, maar as jy die Sale Sharks se voorspelers kan rondjaag en hulle van besit af kan weerhou, is jy op die regte pad.
VF Plus sê minimumloon sal landbousektor vernietig
“Die vraag wat die ANC-regering nie verstaan nie, is nie óf boere die minimumloon wil betaal nie, maar of hulle dit kán betaal.”
Federer-temmer swaai ook Doha-septer
Vóór die Katar-ope kon Nikoloz Basilashvili net twee van sy laaste 16 wedstryde gewen het.
R9 miljoen onregmatig van Krugersdorp-munisipaliteit oorgeplaas
Die burgemeester van Mogale City- plaaslike munisipaliteit se dogter het glo voordeel getrek uit R9 miljoen wat by die munisipaliteit verdwyn het.
Gholf: Dis dalk Fichardt se goue kans
Hulle sê mos die pad na goud loop deur die Midde Ooste. Wel, as Suid-Afrika se Darren Fichardt Sondag in Doha kan kophou in die laaste ronde van die Katar Meesters kan hy R3,7 miljoen in sy sak steek.