ʼn 52-jarige vrou en haar 30-jarige seun is in hegtenis geneem ná foto’s van ʼn 12-jarige meisie, met kneusplekke aan haar gesig, wys op sosiale media versprei is.
Alles vir Sondag 14 Maart 2021
‘Stem van Formule 1’ Murray Walker oorlede
Murray Walker, die Britse uitsaaier wat as die “stem van Formule 1” beskou is, is in die ouderdom van 97 oorlede.
Generations-akteur sterf
Die bekroonde akteur Menzi Ngubane is Saterdag in die ouderdom van 56 oorlede.
Sesnasies: Wallis dra (byna) die kroon
Die agterdeur staan nou oop vir Wallis se rugbyspan om as vanjaar se Sesnasieskampioen gekroon te word, mits die Rooi Drake nie toelaat dat die Franse in hul laaste kragmeting in Parys daardeur glip nie.
Covid-19-statistieke: Herstelkoers nou 95%
Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.
Gedagte vir die dag: Sewe sakke sout?
Julle is die sout wat die aarde ’n beter plek moet maak. Maar as die sout verslaan het, kry jy dit op geen manier weer sout nie. Dit is totaal onbruikbaar. Al waarvoor dit goed is, is om buite op die straat uitgegooi en deur die mense platgetrap te word. (Matteus 5:13)