Kaas is propvol proteïen, kalsium, fosfor en ander belangrike nutriënte, wat dit ʼn goeie happie vir besige kinders en gesinne maak.
Alles vir Maandag 15 Maart 2021
Nuuskommentaar: Verlede se kulturele lesse gee hoop vir politieke toekoms
Die dood van koning Goodwill Zwelithini en Duduzane Zuma wat president van die ANC wil word, kan dalk na onverwante gebeurtenisse lyk, maar daar is wel ʼn verband tussen die twee te trek.
Grand i10 ding mee met sterk kompetisie
Dit is maklik om die Grand i10 op te som. Dit is moontlik ʼn oulike opsie, maar die kompetisie in dié segment is rateltaai.
Lekker reën vir dele van Noord-Kaap
Noord-Kapenaars kan boonop nog vol reënmeters die res van die week verwag.
US skuld Afrikaanse studente ʼn ‘verskoning’
Leon Schreiber sê die US het in die verlede glad nie geskroom om bykans aggressief te reageer op bewerings van diskriminasie nie.
Kyk: ʼn Loerbroer-ervaring van anderste vere
Die akwarium se Facebook-blad gons met pikkewynliefhebbers wat koer oor dié skattige seevoëls.
Foto’s: Gevaarlike stofwolk omhul Beijing
Die wind het suidwaarts gedraai wat sigbaarheid in Beijing tot minder as 500 meter verminder het.
Tieners ruk begraafplaas reg vir sakgeld
Marike wil spaar sodat sy ʼn motor vir universiteit kan koop en Eugene wil met gimnastiekklasse begin.
Sinkgat in George sluk motor in
ʼn Pa en seun kon net-net ontsnap voor hul Toyota Fortuner onder die water in ʼn sinkgat in die pad verdwyn het.
Verhoor begin twee jaar ná Deacon-moorde
Lizette en Hettie se liggame is verlede jaar in hul motor langs die R37 by die Kuschke-afrit, buitekant Polokwane, gevind.
Rutte stuur op maklike verkiesingsoorwinning in Nederland af
Nederland sal Maandag en Dinsdag vir die eerste keer in die geskiedenis vroeë stemme toelaat met stempunte wat op dié twee dae weer oop sal wees.
Merkel se party in die moeilikheid
Indien Duitsland se regerende party aan die bewind wil bly nadat Angela Merkel uittree, moet “vertroue dringend teruggewen” word.
Boek: Kuier saam in professor Fungus se laboratorium
Die Professor Fungus-reeks deur Jaco Jacobs is een van die gewildste en bekendste Afrikaanse reekse vir intermediêre lesers.
Resep: Rooifluweelkoek
Hierdie koek kry sy unieke geur van die karringmelk, asyn, koffie en kakao.
Woord: haaihoei
Het jy geweet “haaihoei” verwys na iemand wat ʼn geraas of ophef van iets maak? Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.
Hond betrap tiener-huisbreker in stort
Die 13-jarige se sakke was glo vol gesteelde ware.
Stapper beseer ruggraat ná val
Die vrou was op ʼn staptog in die Krantzkloof-natuurreservaat ten tyde van die voorval.
NDBV kry wéér bloedneus oor verskeping van skape
Die hofstryd tussen Al Mawashi en die NDBV duur al sedert die begin van verlede jaar en beloop reeds miljoene rande in regskoste.
Drie agter tralies maande na grumoorde in Limpopo
Die vermoorde paartjie se huilende baba het langs hul lyke gesit. Die gemeenskap het ʼn sakeman is blykbaar verkeerdelik van die moorde verdink.
Só lyk die wêreld van bendes
Hoekom groei bendes steeds? Wat lok ʼn kind so jonk as twaalf na ʼn bende, en hoekom slaag sommige daarin om tog uit die kloue van die gangs te ontsnap, terwyl die leefwyse talle ander se lewens eis?