Dit volg nadat Panyaza Lesufi na bewering tydens ’n vergadering stellings gemaak het wat daarop dui dat hy inmenging in tenderprosesse aanmoedig.
Lees meerAlles vir Dinsdag 6 April 2021
1 800 ontsnap uit Nigeriese tronk
Inwoners leef in vrees in die suidooste van Nigerië ná gewapende mans Maandag op ʼn gevangenis toegeslaan, meer as 1 800 gevangenes bevry en ʼn polisiestasie geplunder het.
Dienslewering in duie, maar munisipaliteit weier vergaderings
“Hulle versuim om die minimum te doen is ‘n klap in die gesig van inwoners wat daagliks gebuk gaan onder die gebrek aan basiese dienslewering.”
Petrolprys: Meer as R17 per liter gaan werkers swaarste tref
Die verhoogde brandstofheffing en ander prysverhogings beteken petrol gaan jou vanaf middernag vanaand meer as R17 per liter uit die sak jaag.
Deurbraak ná paartjie se moord in gastehuis
Die polisie het ʼn deurbraak gemaak in die saak van ʼn paartjie wat byna ʼn jaar gelede dood aangetref is in ʼn badkamer op ʼn gastehuisplaas naby Kareedouw in die Oos-Kaap.
Talle sterf in KZN-ongeluk
Minstens sewe persone is Dinsdagoggend dood op die R34 tussen Vryheid en Ulundi in KwaZulu-Natal.
ToekomsVenster: Meer van die Here se ingesteldheid benodig
Suid-Afrika se hart is nie altyd so mooi nie en ek is daarby ingereken. Ons het meer van die Here se ingesteldheid en waarheid nodig.
Pa uit koma ná sny tydens visvanguitstappie
“Dit was nie ’n baie groot sny nie en hy het hom nie veel daaraan gesteur nie. Hy het verder visgevang.”
Byna 300 in Kaapstad aangekeer
Kaapstadse wetstoepassers het ʼn besige week agter die rug en het veral oor die Paasnaweek talle mense vir verskeie oortredings in hegtenis geneem.
Wiele2Wiele ry met vuurwarm Mercedes-AMG A 45 S
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die vuurwarm Mercedes-AMG A 45 S en vat dan die pad met die Ford Tourneo Custom-bussie en Audi se Q3 Sportback kompakte sportnuts.
DA na MRK oor slakkepas met inenting
Gwarube sê die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, pak deurlopend die skuld op eksterne en buitelandse faktore vir die gebrek aan voorraad. Volgens haar was Suid-Afrika se pogings om entstof te koop egter uit die staanspoor stadig en kom dit in horte en stote hier aan.
‘Reusesege’ in ivermektien-hofsaak
Die regter het bykomend beveel dat Sahpra elke drie maande aan die hof verslag moet doen oor die stand van sake rondom enige verwikkelings met ivermektien.
Simba gaan gewilde skyfiegeur laat vaar
Verbruikers sal moet kies tussen drie van Simba se gewildste geure.
Twee wetstoepassers vir ‘omkopery’ aangekeer
Die beamptes het onderskeidelik R100 en R200 omkoopgeld van motoriste geëis.
Froning steeds ’n individu om mee rekening te hou
“Dit gaan oor die Here en die gawes wat Hy my gegee het. En ek wil sy Naam grootmaak deur my sport.”
Swemmer pak koue see aan; steun beenmurgregister
Die ent na Robbeneiland wat as die “Island Escape” bekend staan, is niks minder nie as uitmergelend. Só word dit deur ʼn elite oopwater-swemmers beskryf.
Rowers vlug met miljoene in Upington-rooftog
“Die mans het uit die motor geklim en die veiligheidswagte met vuurwapens gedreig.”
Boek: Wie het vir Demi Crowley vermoor?
‘Skerwe’ is ʼn holderstebolder, wegholverhaal oor liefde, verlies en vriendskap wat jou lank gaan bybly. Dit is geskik vir tieners 15 jaar en ouer.
ʼn Paasfeesmymering
My kop het teen my ma se skouer gelê en later toe die dominee die boodskap gebring het, het dit gevoel of hy met my ook gepraat het.
Suez-opeenhoping plaas hernieude klem op diere se lot ter see
Duisende diere het die afgelope paar jaar weens voorvalle ter see gevrek.