Ons doen dinge anders omdat die Here in ons harte woon en ons lewens deur sy Gees beheer.
Lees meerAlles vir Dinsdag 27 April 2021
Twee vliegtuie bots in die lug in Gauteng
Minstens vier mense is dood toe twee vliegtuie in die lug teen mekaar gebots het in die omgewing van Grasmere in die suide van Gauteng.
Sandstorm verswelg Chinese dorp
Lugfoto’s wys ʼn apokaliptiese toneel waar ʼn wolk geel stof Linze in Gansu bedek.
Ramaphosa getuig Woensdag voor Zondo-kommissie
Cyril Ramaphosa, die president van die ANC, sal na verwagting Woensdag voor die Zondo-kommissie na staatskaping getuig.
Diensleweringsbetogings teister Kimberley
Kimberley word tans weereens deur ontwrigtende en vernietigende diensleweringsbetogings geteister.
Olimpiese Spele: Talle stede sê ‘nee dankie’
Honderde dorpe en stede in Japan is gedwing om weer te dink oor planne om Olimpiese spanne te huisves.
LUR vasbeslote om korrupsie hok te slaan
Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het gesê korrupsie en bedrog in verkeerswetstoepassing moet uitgeroei word.
Tshwane-metroraad deur Moody’s afgegradeer
Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het die Tshwane-metroraad se kredietgradering verlaag.
Zimbabwe verkoop regte om ‘bedreigde’ olifante te jag
“Ons het magtiging om ʼn maksimum van 500 olifante te jag en dit is hoe ons geld maak.”
Jhb-hospitaal: Dringende reëlings nodig vir kankerpasiënte
“Lewens sal in gevaar gestel word as alternatiewe reëlings nie dringend getref word vir honderde kankerpasiënte van die Charlotte Maxeke-hospitaal nie.”
R700 000 se perlemoen in Riviersonderend gevind
Die polisie in die Wes-Kaap het ʼn deurbraak gemaak in die stryd teen onwettige perlemoenhandel.
Covid-19: Situasie in Indië is ‘hartverskeurend’
Meer as 2 800 sterftes en 352 991 nuwe gevalle is Maandag in Indië aangemeld.
Solidariteit, AfriForum stuit vir eers toerisme-rassefonds
Die twee organisasies het hulle op ʼn dringende basis tot die hof gewend nadat die minister van toerisme aangekondig het die fonds is slegs toeganklik vir mense wat vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) kwalifiseer.
Vyf vas oor KZN-boer se moord
Vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Trevor Murphy (55) op sy plaas in die Howick-omgewing van KwaZulu-Natal.
Uitgewer Nadia Goetham oorlede
“Sy was ʼn ware voorbeeld van iemand wat lief was vir die krag van boeke en lees en wat hard gewerk het om seker te maak outeurs kan hul woorde op papier kry om hoop en vreugde vir hul lesers te bring.”
Pta-tiener los raaisel oor CR se beeste op
Je-Miné de la Rey (14) se baanbreker-navorsing kan eienaars van Ankolebeeste help om beter met dié diere te teel.
Jongste Covid-19-statistieke bekendgemaak
Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Maandagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.
Gedagte vir die dag: Vrugte
“Elke boom word aan sy eie vrugte geken”. (Lukas 6:44)