“The Big One” is sowat 65 meter hoog.
Alles vir Woensdag 28 April 2021
Ramaphosa: ‘Ek is nie hier om verskonings te maak’
“Staatskaping het onder ons as regerende party plaasgevind,” sê die president.
Drie met gesteelde renosterhoring betrap
Die renosterhoring wat in die drie se besit was, is R500 000 werd.
Ma verdrink kinders om hulle te ‘beskerm’
Die kinders se pa beweer die ma was sielkundig onstabiel en hy het vroeër in die hof gesê dat sy ʼn gevaar vir die kinders inhou.
Vryheidsdag voel soos besettingsmag
Die land het die afgelope Vryheidsdag min gehad om te vier met verskeie ANC-projekte wat wys dat die regerende party minderhede se vryheid, veiligheid én voorspoed bedreig.
Stapper val na sy dood in Drakensberge
Die man was een van ’n groep van nege stappers wat Cathedral Peak aangepak het.
Varsitybeker: Maties, Wits en UJ seëvier
Wits het sy eerste oorwinning in vanjaar se reeks behaal toe hy die Madibaz behoorlik oorrompel het.
Gedig: Bergskilpad
“Die jare bondel in sy oë saam,
tot oumensnek en heupjigstap
vereng.” Lees hier Ernst van Heerden se gedig, “Bergskilpad”.
Apartheid was net die een kant van die munt
Gister, 27 April, was dit presies 27 jaar gelede sedert Suid-Afrika sy eerste algemene verkiesing met algemene stemreg vir één gemeenskaplike regering beleef het.
Reën spring na topplek in Top-20
Dit was ook ʼn goeie week vir Brendan Peyper.
Lugvaartgemeenskap rou oor vier se dood
Berading sou Woensdag aan enige van die vliegskool se studente, werkers of vriende van die slagoffers gegee word.
Piet Retief-boere weer in hof
Padblokkades is vanoggend buite die dorp opgestel.
Boek: ‘Man op ’n fiets êrens heen’ – Frederik de Jager
Kortverhale wat in ‘Man op ’n fiets êrens heen’ verskyn is raak woordprente wat die uitsonderlikheid van gewone mense vasvang, met deernis, humor en ’n skeut hartseer.
Gebruik stembus teen korrupsie, sê Ramaphosa
Ramaphosa het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hul stem in die komende munisipale verkiesing te gebruik om hul onverdraagsaamheid te wys met betrekking tot korrupsie, diefstal en die wanbestuur van openbare fondse.
Verbruikersake: 419, die skelmstreek waarvoor selfs bekendes nog val
Almal van ons het al van daardie briefies gekry: iemand het ’n groot klomp geld wat ’n nuwe baas moet kry en jy is gelukkig genoeg om daardie nuwe baas te wees. Ina Opperman verduidelik hoe die skelms te werk gaan en waarvoor jy moet oppas.
Passasiers gestrand toe Mango vlugte skielik staak
Passasiers het Woensdagoggend by verskeie lughawens voor dooiemansdeur te staan gekom.
Resep: Makrolle
Makrolle is moeilik om te maak, maar dis die moeite werd om die tegniek baas te raak, want die gekoopte weergawe is baie duur.
Gee jou proaktiewe tree om Afrikaans te laat voortleef
Gee nou een proaktiewe tree en maak ʼn skenking aan die Eugène Marais Stigting. Dit is nog ‘n manier om Afrikaans en hierdie merkwaardige Suid-Afrikaner se uitmuntende, multidissiplinêre bydraes te erken.
‘2nd Life Band’ – ons pad na genesing
Liezel Boonzaier sou nooit kon raai dat na ‘n dekade in die koroporatiewe wêreld sou musiek weer haar voltydse beroep wees nie, en toe sommer ook ‘n plek word waar haar hele gesin ‘n tuiste vind.
Verkeersbeampte skiet glo vriendin, toe homself
’n Motoris het die liggaam van ʼn vrou langs die pad opgemerk en vermoed dat sy moontlik in ’n ongeluk betrokke was.