Dié baasspeurder is Donderdag tydens ʼn roudiens in Kimberley gegroet. Hy is verlede week aan Covid-19 oorlede.
Alles vir Donderdag 20 Mei 2021
Dié Mediclinic-hospitale kan nou ook inent
Die gekose fasiliteite sal na verwagting vanaf volgende week mense met die Pfizer-entstof begin inent.
DA hoes vir ‘leuens’ oor De Lille
Die DA het glo nagenoeg R1 miljoen in regskoste opgedok.
Luister in 3 minute: Invoere, NGV en inflasie in die kollig
Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek ʼn moontlike verbod op die invoer van sekere produkte, die oordrag van bates aan die Nasionale Gesondheidsversekering en inflasie.
Bederf-idees vir pa vir Vadersdag
Dit is nie altyd maklik om vir die spesiale mans in jou lewe ʼn Vadersdag geskenk te koop nie. Maar dié jaar kan jy iets besonders gee wat hom behoorlik sal bederf. Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie, het die perfekte geskenke vir die perfekte pa!
Sanggroep verras paartjie van val-video
Hulle het besluit dié paartjie verdien ʼn spesiale dag om hulle verlowing te vier – sonder ʼn vallende, giggelende “videograaf” in die agtergrond.
Elektriese motorfietse – die toekoms is hier
Ek weet nou hoe voel ’n albaster wat met ’n kettie geskiet word, skryf Brian Cheyne nadat hy Energica se EVA- en EGO-modelle op die proef gestel het.
Vrou skuldig aan geliefde veearts se moord
Dr. Freddie Malan is in 2019 in sy praktyk in die Moot doodgeskiet.
Mashaba soek weer burgemeestersketting om sy nek
Die sakeman en politikus Herman Mashaba hoop om weer burgemeester van Johannesburg te word, dié keer as leier van ActionSA.
Reuse-withaai langs kus opgemerk
Dit is ongewoon om só ʼn groot wyfiehaai naby die kus op te merk.
Toeskouers by Leeus-opwarmingswedstryd toegelaat
“Dit sal ongelooflik wees om ’n passievolle en entoesiastiese skare op Murrayfield te sien voordat ons toer na Suid-Afrika begin.”
Knoffel blaas weer lewe in Murraysburg
Die dorp kon sy kop optel toe die Rooidam-projek se nuwe kanaal, opgaardamme en leivore op pad na die “nat erwe” in 2017 weer volgeloop het.
Nóg ’n reusestorm op pad na Indië
Dít nadat sikloon Tauktae die afgelope week minstens 110 lewens in dié land geëis het.
Amerikaners uit hul politieke koma geruk
Biden se eerste honderd dae was ‘n ramp, skryf Rhoda Kadalie.
Kweek gesonde eetgewoontes tydens swangerskap
“Navorsing toon gesonde eetgewoontes tydens swangerskap kan daartoe lei dat jou baba later minder kroniese siektes as volwassene sal hê.”
Verken Jozini-meer in ʼn luukse huisboot
Dit is die perfekte plek vir wildliefhebbers, voëlkykers en fotograwe waar diere soos bokke, renosters, krokodille en watervoëls vanuit ʼn heel nuwe perspektief – die water – aanskou kan word.
Gru-ongeluk in Oos-Kaap eis mans, vee
ʼn Brand het uitgebreek kort nadat die twee vragmotors gebots het.
‘Die pad na selfbestuur’: Die Grieke, Romeine en Afrikaners
In vandeesweek se voorlesing van Flip Buys se boek, Die pad na selfbestuur, kyk Buys na die stappe wat gevolg sal moet word indien die Afrikaner uit sy huidige bestaanskrisis wil kom. Kom luister saam na Martin Jansen se voorlesing van dié hoofstuk.
Taalgebruik: in/op ’n stadium
Wanneer gebruik ons “in ‘n stadium” en wanneer gebruik ons “op ‘n stadium”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Gewilde Virseker-reeks ook vir eers van die baan
“Ons onderneem om te alle tye, in samewerking met die departement van onderwys, in die beste belang van die leerders op te tree.”