Anders as wat die minister aanvanklik gesê het, ontvang Kubaanse ingenieurs wel ʼn salaris en sal boonop méér as plaaslike ingenieurs betaal word.
Alles vir Dinsdag 1 Junie 2021
‘Wees paraat’, maan VF Plus ná moord op beesboer
John Viedge is Sondagoggend in sy plaashuis in die Oos-Kaap doodgeskiet.
Pandemie se skade aan onderwys soortgelyk aan ‘oorlogstyd’
Die uitwerking van die ontwrigting wat die pandemie op onderwys veroorsaak het, gaan nog jare later in swakker matriekuitslae gesien word.
Nuwe Afrikaanse stromingsdienste beskikbaar
“Jou Afrikaans gooi jou toe met Afrikaanse reekse, sport, kinderprogramme, ou rolprente, nuwe rolprente – met niemand om vir ons voor te skryf nie,” sê Hofmeyr.
DBV-personeel ontslaan ná hulle gans keelaf sny
Die video wys hoe een van die lede die gans se nek met ʼn groot mes morsaf sny, terwyl ʼn ander lid die dier op die bakkie se bak vasdruk.
Gesoute onderwysman tree af
“Sy invloed en bydrae sal nog lank in onderwyskringe gevoel word.”
Vrou baklei terug tydens kleinhoewe-aanval
“My ma het in daardie oomblik besluit sy sal moet terugbaklei. Sy het met krag van God die man tot teen die ander muur gestormloop.”
Video: ʼn Olifant en ʼn tier ontmoet mekaar …
“Kyk wat gebeur aan die einde!” het die persoon op sosiale media geskryf.
Tukkies se (Varsity)beker loop oor
Ikeys het egter in die tweede helfte met ’n herlewingspoging vorendag gekom wat vir niks geskrik het nie, maar Tukkies het meer as genoeg in die eerste helfte gedoen om die vonkelwyn én die beker nader te trek.
Nóg beurtkrag op pad
Suid-Afrikaners kan fase 2-beurtkrag vandag van 16:00 verwag.
Winkelsentrum gesluit weens EFF-betoging
Winkeltrollies is gebreek en aan die brand gesteek terwyl asblikke omgegooi is.
Ondersoek kom nadat vrou ‘verkeerdelik’ gearresteer is
Amanda de Goede is gearresteer nadat sy haar huiswerker vir diefstal by die polisie wou verkla.
Osaka onttrek haar aan Franse Ope
“Naomi het onlangs vir my gesê dat ’n familielid aangevoer het dat sy nie goeie tennis op kleibane speel nie. By elke mediakonferensie moet sy hoor dat haar statistieke op kleibane nie vir goeie leesstof sorg nie.”
Appel kraai nou koning op Top-20
Appel en Riaan Benadé oorheers vandeesweek weer die Maroela Media Afrikaanse Top-20.
‘Veilig hier’, toe verdwyn man
Jaco Drinkwater was van Malmesbury op pad na Schweizer-Reneke vir werk toe hy skoonveld verdwyn het.
Boek: ‘Geraamte in die klas’ (heruitgawe) – Fanie Viljoen
Stephan en sy vriend Cobus is in groot moeilikheid. Hulle het per ongeluk juffrou Beneke in ʼn geraamte verander. Wat gaan hulle doen? ‘Geraamte in die klas’ is geskik vir kinders tussen nege en 12 jaar.
Meeste van Nestlé se kos, drankies ‘ongesond’
Die interne voorlegging het onthul dat 60% van Nestlé se hoofstroomportefeulje vir kos en drinkgoed nie voldoen aan die “erkende definisie van gesondheid nie”.
Thaise vrou (32) sterf weke ná inenting
Die vrou het geen bestaande siektetoestande gehad nie, maar het ’n week ná haar eerste dosis begin kla van hoofpyn, moegheid en spierswakheid.
‘Hersien aandklokreël,’ vra Kaapstad
“Ons het gesien hoe die vorige aandklokreël tot ʼn verlies van handelsure gelei het. Dit het baie kleinsakeondernemings tot op die randjie van bankrotskap gedryf.”
Boekresensie: Nêrens veilig – Twee eeue van Suid-Afrikaanse rampe
Weetgierige lesers wat ’n lewendige belangstelling het in die effens meer makabere sy van ons Suid-Afrikaanse geskiedenis, sal in dié boek baie interessante leesstof vind.