In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” gesels Gerhard van Onselen van Sakeliga oor die Reserwebank se kommer oor openbare skuld en finansiële stabiliteit.
Alles vir Donderdag 3 Junie 2021
Nampo-oesdag nou gekanselleer
Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat dié skou nie plaasvind nie, weereens weens die Covid-19-pandemie.
Dié boodskappe kan jou in die tronk laat beland
Mense wat die nuwe Kuberwet oortree, kan tot 15 jaar tronkstraf opgelê word.
90 kankerstories gesoek vir 90 jaar van Kansa
“Stories oor hoe hulle die diagnose, behandeling en lewe ná behandeling hanteer het, kan hoop bring aan mense wat pas hul kankerstryd begin het.”
Eeuoue Afrikaanse boeke vind tuiste by Voortrekkermonument
Die Erfenisstigting, by die Voortrekkermonument, is die trotse eienaar van ’n nuwe stel boeke, waarvan een meer as ’n eeu oud is.
OB se visier nou ook op beleërde Mkhize
Die minister is drie keer gedagvaar om voor die Openbare Beskermer te verskyn, maar volgens sy kantoor was hy nie een keer beskikbaar nie.
Kriptogeld: Tem dié talentvolle tiener
“Baie mense wil só graag ’n stuk van die kuberkoek kry dat hulle hul brood-en-melkgeld blaas net om langs die braaivleisvuur met hul digitale beursies te kan spog.”
Triumph se nuweling gemik op nuwe ryers
Die Trident is ontwikkel as ’n intreevlak-motorfiets om nuwe ryers na Triumph te lok.
Podlitiek: Sonder werk, steeds ingeperk, Malema haat nog sterk
Onder normale omstandighede sou ’n verslag wat meld dat meer as 70% van ’n land se jeug werkloos is, parlementslede van ’n kontinentale parlement wat mekaar dreig met moord en ’n Rampbestuurswet wat al tot 400% van sy toegelate strekking verleng is, skokgolwe deur die land stuur – maar hierdie is nie normale omstandighede nie.
#JongStemme: Die stryd teen eenvormigheid
As ons ʼn toekoms wil vermy waar mense slegs eggokamers is, moet ons leer om te debatteer, skryf Nicolas Rust.
Spele gaan voort, mits …
Intussen het Suid-Afrika se Caster Semenya nog tot 29 Junie kans om vir die 5 000 m by die Tokio-skouspel te kwalifiseer nadat sy weer nie die Olimpiese kwalifiserende tyd in dié item gehardloop het nie.
Regisseur Elrich Yssel oor die krag van stories
“Daarom wil ek stories vertel wat vir ons kinders behoue kan bly en wat eg is.”
Driejarige soek ‘hartseerste verjaarsdagkoek’
Dié driejarige wou die hartseerste verjaarsdagkoek ooit hê – met bybedoelings.
Reuse-ongeluk toe trok, motor bots
Drie ander motors was ook in die ongeluk betrokke, met een onder die vragmotor vasgekeer.
Miljoene se dwelms in skiboot op hoofweg
Lede van die Valke het die verdagte op die N1-hoofweg in Pretoria afgetrek.
Baba tussen ouers in bed dood
Die kind se ma het wakker geword en histeries begin gil toe sy sien daar is groot fout met haar kind.
Rafa word 35 – wat sal die kersie op die koek wees?
Rafael Nadal vier vandag sy 35ste verjaardag met ’n wedstryd in sy geliefde Franse Ope-toernooi teen die Fransman Richard Gasquet.
Taalgebruik: ontdek, uitvind
Taalgebruikers struikel soms oor die gebruik van “uitvind” terwyl hulle eintlik “ontdek” bedoel. Lees gerus vandag se Taaltoffie om seker te maak jy trap nie klei nie.
Video: Kwaai olifantbul gaffel bakkie
Die video van ʼn olifant wat ʼn bakkie in die Klaserie-omgewing bestorm, het die afgelope twee dae soos ʼn veldbrand versprei.
Kaapse seewierwoud ʼn nuwe wonder van die wêreld
Suid-Afrika se seewierwoud is ʼn onderwater-oerwoud wat twee keer die wydte van die Grand Canyon is.