Danksy kringtelevisie-beeldmateriaal is talle gekaapte motors die afgelope maande in Gauteng opgespoor.
Lees meerAlles vir Sondag 6 Junie 2021
OB Maandag weer in hof om ondersoek te stuit
Sy vra die hof om te verklaar dat die reëls onregmatig, ongrondwetlik en ongeldig is.
Winkelbestuurder duik vermeende rower plat
Die vermeende rower het twee mense gesteek voor hy die kasregister probeer oopmaak het.
Behuisingsamptenaar sterf in koeëlreën
Die departement het sy skok oor die “sinlose moord” uitgespreek.
Dis (steeds) lekker by die see
Die Suidkus van KwaZulu-Natal is steeds een van Suid-Afrika se gunsteling-vakansiebestemmings, en met goeie rede, want in tipiese vakansiedorpies is daar hope akkommodasie om van te kies en te keur, terwyl jy die dae kan volpak met opwindende dinge om in die omgewing te doen.
Pérez wen dramatiese wedren vir Red Bull
Kyk, selfs die beste draaiboekskrywer in Hollywood sou gesukkel het om met soveel drama vorendag te kom as wat vandag in Azerbeidjan afgespeel het.
Talle beseer toe taxi muur tref
Een van die ernstig beseerde pasiënte is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem.
Taksvoordeel vir ouers van gestremde kinders in gedrang
Ouers van kinders met gestremdhede dok soms tot vyf keer meer op as wat die skoolgeld vir kinders in gewone hoofstroomskole beloop.
Senior advokaat moet dodelike busbrand ondersoek
Ses pendelaars het onherkenbaar verkool en byna 60 mense is beseer.
Brad Binder agtste in Spanje
Dit was ʼn naweek sonder te veel drama vir die Binder-broers in die Kataloniese Grand Prix wat Sondagmiddag in Barcelona plaasgevind het.
Koppieteefontein: Spore
Later is dit my beurt om te praat. Ek probeer so tussen die groet en die trane ook vir die kinders vertel hoe kosbaar ons tyd hier op aarde is. Saam. Hier. Nou. En dat tyd verbygaan.
Snuffelrot tree af ná roemryke loopbaan
Hy kan binne net 30 minute skarrel oor ʼn gebied die grootte van ʼn tennisbaan, iets wat iemand met ʼn metaalverklikker vier dae sou neem om te doen.
Slegs een ‘negatiewe bevinding’ teen Robbeneiland-museum
Nog bewerings is deur die loop van die ondersoek onder die museumraad se aandag gebring. Dit het onder meer verband gehou met bewerings van nepotisme, swak prestasie deur die museum se bestuur, die diefstal van intellektuele eiendom en die swak bestuur van die veerboot.
Talle vuurwapens kort na rooftog gevind
Die 42-jarige man is beveel om die kluis oop te sluit, waarna die rowers sewe vuurwapens – ʼn geweer, haelgeweer, pistool en vier windbukse – asook tien selfone en kontant gebuit het.
Gestremde vrou, twee seuns sterf in brand
Nog ʼn vrou en ʼn kind is vir brandwonde behandel.
Vaartopnemer van sinkende Sri Lankaanse skip gevind
Die MV X-Press Pearl is in Singapoer geregistreer en sink sedert Woensdagaand stadigaan in die Indiese Oseaan nadat dit sowat twee weke lank binne sig van die kus gebrand het.
Internasionale oorsig: Drie-kinders-beleid gaan nie China se demografie regruk
Lees hier ‘n oorsig van belangrike wêreldgebeure.
Los die howe; skeur op ‘drakoniese wapenwet’
Die DA sê om burgers te ontwapen in die huidige misdaadgeteisterde omstandighede is roekeloos en laat talle onskuldige burgers aan die genade van misdadigers oor.
Wie speel teen wie in Reënboogbekerreeks?
Daar wag ʼn steil hekkie op die Bulls, Sharks, Stormers en Lions wanneer hulle van aanstaande seisoen af in die Pro16-reeks speel.
Kommer oor ongelisensieerde polisievoertuie in Mpumalanga
Minstens een speurder is glo reeds beboet omdat hy met ʼn ongelisensieerde voertuig gery het.