Drie van die jongelinge van Suid-Afrikaanse gholf is steeds ingegrawe om saam met die wêreld se beste spelers in Amerikaanse PGA-reeks skouer te skuur.
Alles vir Saterdag 12 Junie 2021
Rekenmeester gevonnis oor miljoene se bedrog by Piketberg
Die 33-jarige man het sowat R4,1 miljoen verduister by die Bergrivier-munisipaliteit in Piketberg in die Wes-Kaap.
Sahpra ondersoek J&J-entstof ná FDA-verslag
Die FDA het Vrydag ‘n verslag vrygestel oor dosisse van die Johnson & Johnson (J&J)-entstof wat by die Emergent BioSolutions-aanleg in Baltimore in die VSA vervaardig is.
Novak onttroon die koning van klei
“Die lewe gaan voort,” sê Rafael Nadal ná slegs sy derde nederlaag in 16 jaar op Roland Garros.
Covid-19-statistieke: 4 800 nuwe gevalle in Gauteng
Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (60%), gevolg deur die Wes-Kaap (9%).
Gedagte vir die dag: Word eers stil
Moenie sondig as jy ontsteld is nie. Oordink dit in die nag op jou bed en wees rustig. (Psalm 4:5)