Die Bulls het hul swakste vertoning van die jaar vir die eindstryd van die Reënboogbeker teen Benetton gebêre.
Lees meerAlles vir Saterdag 19 Junie 2021
Curriebeker: WP trap Bulle se tjank af
Die WP het met 48 – 24 gewen nadat die Streeptruie reeds rustyd met 28 – 12 voor was.
Internasionale oorsig: Biden steeds die anti-Trump in Europa
Ten spyte van president Biden se verskeie flaters, sy duidelike kognitiewe uitdagings, sy beperkte beskikbaarheid aan die media en aanval op ’n joernalis, was die meeste internasionale media steeds positief oor Biden se besoek.
Branderplankryer (30) sterf in Richardsbaai
Die voorval het Saterdagoggend by Alkantstrand in Richardsbaai in KwaZulu-Natal plaasgevind.
Taal tel!
Wanneer ’n mens bewusmaking oor die noodsaak van Afrikaanse moedertaalonderrig en die bevordering van taalregte probeer skep, is daar telkens mense wat teenkanting uitspreek met argumente soos “taal is net ’n kommunikasiemiddel”, of “Engels is ’n wêreldtaal wat my loopbaan gaan bevorder”.
Eerste swart ryer vir SA in Tour de France
“Om gekies te word om in my eerste Tour de France te ry, is vir my ’n absolute droom wat bewaarheid is.”
Minister van onderwys: ‘Skole bly oop’
Die minister het ook terugvoer gegee oor die terugkeer van laerskoolleerders en die inentingsprogram vir onderwysers wat die week begin.
Vadersdagboodskap: Sê dit in Afrikaans
ʼn Eenvoudige kaartjie of WhatsApp-boodskap met een van dié aanhalings kan net so treffend wees.
Weermagvoertuig gebruik vir ‘smokkel-sigarette’
Die twee weermaglede het polisiebeamptes glo gekonfronteer en hul teen inhegtenisneming verset.
Twee dood na motor teen heining bots
“Paramedici van ER24 het omstreeks 01:40 op die toneel aangekom. Al vier mans is buite die motor aangetref.”
Vonke spat in MRK-ondersoek oor Afrikaans by US
“Daar is vir ons gesê dat indien die HK sien dat ons eksklusief optree deur Afrikaans te praat tydens verwelkomingsaktiwiteite, hulle ons kamer toe sal stuur omdat hul verwelkoming in Engels geskied.”
HTS Witbank: Premier gryp in; skool veroordeel gebeure
Bewerings van rassisme by die Hoër Tegniese Skool Witbank moet ondersoek word sowel as die hersiening van toelatingskriteria en -beleide by die skool.
Mdluli-verhoor wéér uitgestel
Mdluli het om finansiële hulp by die staat aansoek gedoen aangesien hy meen die oortredings waarvan hy beskuldig word, het plaasgevind terwyl hy nog in diens van die polisie was.
‘E-tol nie deel van Gauteng se pad vorentoe’
Jacob Mamabolo, LUR vir paaie en vervoer in Gauteng, het tydens departement se begrotingsrede teen die e-tolstelsel uitgevaar.
Pumas stuur Leeus druipstert huis toe
Was die uitslag ’n verrassing? Dalk ’n paar seisoene gelede, maar almal weet deesdae dat die Pumas ’n gedugte eenheid is.
Waaghals sterf tydens wêreldrekord-oefenlopie
Die jong man het ‘n maand terug vir die tweede keer pa geword.
Amerikaanse Ope: Louis blaas in voorlopers se nekke
Net een hou! Dit is wat tussen Suid-Afrika se Louis Oosthuizen en die voortou ná die halfpadmerk van vanjaar se Amerikaanse Ope-gholftoernooi gestaan het.
DA nooi Cele na vuurwapenberaad
Tina Joemat-Pettersson het DA-LP Andrew Whitfield intussen skerp gekritiseer omdat hy as lid van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie só ʼn beraad reël.
Kaptein Elgar stuur Protea-skip na veiliger hawe
Dean Elgar was gister op ’n moeilike kolfblad in St. Lucia die gom wat die Protea-kolfbeurt bymekaar gehou het nadat die Suid-Afrikaners met hul telling op 37/3 gewankel het.
Só lyk jongste Covid-19-statistieke
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (66%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (8%), KwaZulu-Natal (5%) en Noordwes (5%).