Die vrou is glo van Saoedi-Arabië en besoek Suid-Afrika saam met haar man.
Alles vir Donderdag 24 Junie 2021
‘Die pad na selfbestuur’: Ons geslag se taak
In dié hoofstuk, ondersoek Flip Buys van die Solidariteit Beweging die taak wat vandag aan Afrikaners opgelê is en bied praktiese insigte oor hoe dit vermag kan word. Luister saam na dié hoofstuk om Buys se uiteensetting te hoor van dit wat gedoen moet word, soos voorgelees deur Martin Jansen.
#JongStemme: Boere-erfenis eerste (BEE)
Daarom, in plaas daarvan om myself elke keer op te werk as ek “BEE” en “voorheen benadeeldes” lees, gaan ek eerste my “voorheen benadeelde” Boere-erfenis onthou en trots wees op hoe ons bo dit uitgestyg het.
Marciel: Talentvol, sportief en fiks
Reg, talle joernaliste het al in tydskrifartikels, radio-onderhoude en TV-programme bevestig dat sy oor emmersvol talent beskik; ons weet dit en kan dit sommer by ons sigselwers sien. Maar hou Marciel Hopkins ook daarvan om ’n rugbywedstryd vir die volle 80 minute te volg?
Lasbriewe vir 2 van Bosasa uitgereik
Frans Vorster en Carlos Bonafacio word aangekla vir hul beweerde aandeel in die Bosasa-skandaal.
(Weer) waarskuwings vir die Kaap
Die weerdiens waarsku inwoners om bedag te wees op sterk winde wat skade aan infrastruktuur kan aanrig en tot wegholveldbrande kan lei.
Honda se NC 750 X verdere evolusie van wenresep
Die Honda NC 750 X is een van daardie fietse waarmee ek min fout kon vind.
DA-raadslid in Tshwane bedank oor ‘rassisme’
Die DA-raadslid Tshepo Kgobane gaan nou by Herman Mashaba se party, ActionSA, aansluit.
Die behoefte aan ’n onafhanklike sportbeweging
’n Mens hoef nie ’n sportkenner te wees om raak te sien dat die algehele standaard van sport op die vlak waar politici reeds hul vingers kon inkry, drasties afgeneem het nie.
Resep: Tuisgemaakte hoenderkragsop
ʼn Eenvoudige, maar heerlike sopresep wat selfs beginnersjefs se kookvernuf ʼn hupstoot sal gee.
Honderde grafte naby skool in Kanada ontdek
Die oorskot wat in die grafte ontdek is, is glo hoofsaaklik dié van kinders.
Ace betwis vandag skorsing in hof
Magashule sal na verwagting in die hof aanvoer dat sy skorsing onwettig, ongeldig en ongrondwetlik was en tersyde gestel moet word.
Verbreek die stilte oor vroueslaners
Geweld teen vroue is ’n skandvlek op ons samelewing. Om geweld teen vroue te bekamp, moet ons drie vereistes nakom wat ten nouste met mekaar verbind is.
Podlitiek: Gewere, geneeshere en onteieningsvoëls van eenderse vere
In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer, die regering se powere pogings tot die plasing van dokters en die jongste besluite rakende onteiening sonder vergoeding.
Ramaphosa se ‘onteiende’ iPad nie ewe snaaks vir almal
Suid-Afrikaners het gou die spot met Ramaphosa se vermiste toestel begin dryf. Ander het egter die president daarop gewys dat dit ʼn vulletjie is teen die probleme wat gewone Suid-Afrikaners daagliks moet trotseer.
Conway, Wagner deel van Kiwi’s se suksesverhaal
“Nieu-Seeland het gewys wat nederigheid en harde werk beteken, terwyl hulle toewyding aan hul mekaar sowel as hul ondersteuners bewys het. Hulle is ’n Wêreldkampioenspan op elke gebied.”
Britney Spears pleit by regter vir ‘verandering’
Spears het gesê dokters het haar onder dwang op medikasie geplaas wat haar “dronk” laat voel het en dat sy nie toegelaat is om in privaatheid haar klere uit te trek of haar eie motor te bestuur nie.
Covid-19 eis man, vrou week uit mekaar
“My pa het ná my ma se dood net in die kamer gelê. Hy wou nie eet of sy medikasie drink nie.”
Boek: ‘Die geheime lewe van Gita’ – Jacolet van den Berg
Gita sukkel om mans te vertrou as gevolg van haar ontroue pa, sy wil niemand naby haar toelaat nie en haar perfeksionistiese ma se verwyte lui gedurig in haar ore. Gita se storie kan enigiemand sʼn wees.
Renault se fantastiese Duster
Renault het die perfekte gesinsbuks! Die Renault Duster bied sitplek vir vyf in perfekte gemak en daar is ʼn Duster vir elke smaak.