Twee lesers staan die kans om elk ʼn aanlyn vertoning van “Karoo Suite” te wen en nog twee lesers gaan met ʼn eksemplaar van “Ons Karoo” wegstap.
Alles vir Donderdag 24 Junie 2021
Nuuskommentaar: Is ‘entstof-apartheid’ werklik die probleem?
Is sogenaamde Westerse entstof-apartheid ons grootste probleem, of is dit dalk eerder die ANC se entstof-monopolie?
Man se bene op hoofweg afgesit ná ongeluk
Die bestuurder van die trok het glo beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan en gerol.
LUR moet nou ingryp by Nigel
Inwoners van dié dorp sit al sedert Sondagmiddag sonder krag weens kragtoevoer wat onderbreek is toe ʼn kragmas weens kriminele aktiwiteite omgeval het.
Duisende onnies reeds ingeënt
Fopnuus het veroorsaak dat sommige uitdagings op die eerste dag van inentings ervaar is.
Taalgebruik: marine, mariene
“Marine” en “mariene” gee heel dikwels probleme vir gebruikers van Afrikaans. Die feit dat albei in Engels dieselfde gespel word, help ook nie juis nie. Taaltoffie stel ondersoek in.
Leeus gee weer ’n brul
Twee geelkaarte het egter ’n voorsprong van 38 – 10 na net ses punte laat krimp toe die WP binne ’n japtrap ’n spul onbeantwoorde punte aangeteken het.
SA-sanger in VSA maak Afrikaanse debuut
“Ek is mal oor die leefstyl in Kalifornië, maar ek verlang gereeld na pap, boerewors en Suid-Afrikaners se warmte.”
McAfee-stigter dood in tronksel gevind
John McAfee, skepper van die antivirusprogrammatuur McAfee, is Woensdag dood aangetref in sy tronksel in ’n Spaanse gevangenis.
Soldate in hof wat glo help voertuie oor grens smokkel
Sewe weermaglede het Woensdag in die Musina-landdroshof in Limpopo verskyn nadat hulle glo met sindikate gekonkel het om gesteelde motors in ruil vir geld oor die grens te smokkel.
Video: Kom ons bou ’n sterker onderwysstelsel ná Covid-19
In dié episode verken die paneel hoe die pandemie die diepte van leierskap op die proef gestel het, hoe hoofde die uitdagings oorkom het en hoe ons beginsels van veerkragtigheid en aanpasbaarheid kan toepas om ’n beter en sterker onderwysstelsel te bou.
‘Tienling’-vrou was nie swanger; regering begin met regsaksie
“Die maatskaplike werkers was bekommerd oor Sithole se geestestoestand en het gereël dat sy in die Tembisa-hospitaal opgeneem word vir waarneming.”
Sewe se skietdood in Wes-Kaap ondersoek
“Dit blyk dat die slagoffers op teregstellingwyse geskiet is.”
Covid-19-statistieke: Meer as 17 000 nuwe gevalle
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (62%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (10%).
Gedagte vir die dag: Jesus het vrede nagelaat
Mag daar vrede wees binne jou mure, rus in jou paleise. Ter wille van my broers en vriende is my wens: “Mag daar vrede in jou wees!” (Psalm 122:7-8)