Vir Clarissa Johnston en Laura Strugnell is sierswem ʼn passie en ’n sportsoort wat ongelooflike deursettingsvermoë verg. En nadat daar gister nóg ’n sarsie sportsterre by Suid-Afrika se Olimpiese span gevoeg is, is dit ook hul kans om op die groot verhoog in Tokio te skitter.
Alles vir Vrydag 25 Junie 2021
Twee met R2,4 miljoen se renosterhoring betrap
Die verdagtes het glo probeer om die horings te verkoop toe hulle vasgetrek is.
Bevelsraad vergader Dinsdag oor derde vlaag
Die waarnemende minister van gesondheid waarsku dat die huidige vlaag infeksies in Gauteng ongetwyfeld na die res van die land gaan oorspoel.
Man gesond ná sepsis uit rug verwyder is
Dokters het aanvanklik gedink die skroewe in Bezuidenhout se rug het die sepsis veroorsaak, maar dit was al die tyd ʼn kiem wat tydens ʼn operasie in sy rug beland het.
Namakwalandse gladdebek gesels nou ‘oppiestoep’
“My senuwees was skoon klaar, want dit is ʼn splinternuwe rol vir my. Hier op kolle moes ek net my voete op die grond hou anders het almal gesien hoe bewe ek.”
Boek: ‘Ware spookverhale van Suid-Afrika’
Die verteltrant in Daniël Lötter se boek ‘Ware spookverhale van Suid-Afrika’ is lig en gemaklik met ʼn goeie skeut humor.
#JongStemme: Hou hoop se lig aan die brand
Met die tye waarin ons onsself bevind in ‘n wêreld vol virusse en ‘n land sonder krag, met ‘n oorskot van inligting en ‘n tekort aan hoop, het ek besluit om my siening oor die toekoms van ons land uit ‘n gemiddelde kind se oogpunt te deel.
Covid-19-entstof: Dié ouer as 50 kan binnekort registreer
“Indien daar vinnig beweeg word, kan mense ouer as 40 moontlik teen Augustus vir inenting begin registreer.”
Die sirkus agter die virusgordyn
Ondanks toenemende bewyse dat die virus uit die laboratorium van die Chinese Wuhan-Instituut vir Virologie (WIV) gelek het, het dr. Anthony Fauci, met die hulp van die wêreld se voorste wetenskaplikes, vinnig ‘n deksel op dié bewering geplaas om redes wat duidelik geword het met die bekendmaking van sy kosbare e-posvonds, skryf Rhoda Kadalie.
Drawwer sterf ná motor hom tref
Inligting oor die voorval en foto’s van die man se besittings is sedert Woensdag op sosialemediaplatorms versprei om die man se familie te probeer opspoor.
Nóg twee vas ná agtjarige se moord
Die vermiste Bokamoso Shabe se liggaam is Donderdag in ʼn oop veld aangetref.
Polisie vind én verloor vuurwapens in Oos-Kaap
Rowers het vandeesweek op ’n polisiestasie toegeslaan toe polisiebeamptes op ’n voorval gereageer het.
Tribuo-fonds bly wawyd wakker vir die kunste
Ses akteurs gaan deurnag repeteer en improviseer totdat hulle ʼn verhoogstuk geskep het. Dié kreatiewe marathon gaan regstreeks gestroom word.
Polisievrou sterf ná stryery met eggenoot
Die verdagte is ʼn polisiesersant by Hendrina-polisiestasie.
Bulle darem weer terug tussen bekendes
As die Pretorianers gedink het dat daar ’n maklike wedstryd op hulle teen die Pumas wag, kan hulle maar solank gereed maak vir nóg ’n wrede ontnugtering.
Luister: Jou kredietrekord en jou vermoë om huis te koop bekyk
Watter invloed het jou kredietrekord as dit kom by ʼn bank se besluit om jou huisverband te finansier? En hoe gemaak as jy vir die eerste keer in die verkoper se skoene staan?
Hollywood: George Clooney begin kunsteskool; R Kelly na NY verskuif voor verhoor
Klagtes van rampokkery, seksuele uitbuiting van ʼn kind, ontvoering, omkopery en dwangarbeid staar Kelly (54) ook onder meer in die gesig.
Vermiste agtjarige se liggaam gevind
Klein Bokomaso het nog haar skooldrag aangehad toe haar liggaam gevind is.
Tiere van roofdierpark na ‘veilige’ hawe
Betogers by die park het die afgelope week geëis dat die tier wat vir Solomon se dood verantwoordelik was, van kant gemaak word.
Covid-19-statistieke: Byna kwart van alle toetse positief
Daar is tans net meer as 140 000 aktiewe gevalle van Covid-19 in die land.