Dié vlak behels heelwat strenger afsonderingsregulasies, waaronder ’n reisbeperking na en van Gauteng.
Lees meerAlles vir Sondag 27 Junie 2021
Tientalle ‘onwettige myners’ vas
Sommige verdagtes is minderjarig terwyl ander onwettige immigrante uit Zimbabwe en Mosambiek is.
Verstappen gee Red Bull vlerke
Die ervare Lewis Hamilton het alles in sy vermoë gedoen om sy Red Bull-teenstander te vang, maar hy moes amper magteloos toekyk hoe Verstappen sy voorsprong met byna elke ronde rek.
Bibberweek vir Kaap verwag
Dít terwyl “lente-agtige” weer dié week vir die noordoostelike dele van die land voorspel word.
SA’ner se eenvoudige kuns wêreldbekend
Adele Bantjes is ’n selfopgeleide kunstenaar, maar haar inspirasie en kunstigheid ken geen perke nie.
Oefening gekanselleer ná drie in Bokkamp positief toets
Die Springbokspan is tans in isolasie.
Motorfietsrenne: Vaal dag vir Binder-broers
In die MotoGP het ouer broer, Brad, in die 21ste posisie weggespring nadat hy bandeprobleme in kwalifisering ondervind het.
Internasionale oorsig: Pandemie vlam weer op in konserwatiewe suide van VSA
Dit is veral in die suide van die VSA waar ’n wesenlike deel van die bevolking skepties oor die voordele van entstowwe is en waar baie mense weier om teen Covid-19 ingeënt te word.
Video: Nuwe robot maak huis skoon én neem selfies
Dié robotte, wat deur Toyota se navorsingsinstituut ontwikkel is, kan glo ook leer uit vorige mislukkings deur middel van ʼn programmeerbare datastelsel.
Tien beseer in twee botsings, kilometers van mekaar
Paramedici is Saterdagnag twee keer in die omgewing van die R546 in Embalenhle in Mpumalanga ontbied na twee afsonderlike botsings.
Gevleuelde Pegasus: Ferrari van vleuelklaviere
Nie almal, en veral vleuelklavierpuriste, is met dié argitektoniese wonder in die klavierboubedryf beïndruk nie.
Oos-Kaapse boer op patrollie vermoor
Die gewonde boer het gedurende die aanval twee aanvallers doodgeskiet.
Kyk: Pikkies trek hul sokkies op
Volgens die akwarium is pikkewyne baie vatbaar vir dié infeksie, en daarom moet hulle sokkies dra.
Lugballon-ongeluk in VSA eis 5
Die mandjie het glo in ’n straat neergestort en aan die brand geslaan.
Wag sterf tydens transitoroof by Knysna-supermark
Sekerheidswagte het kontant by die Pick n Pay in Langstraat in die middedorp gaan afhaal.
Stryery oor speletjie lei tot tiener se moord
Die twee seuns het in ’n hewige argument oor die speletjie betrokke geraak en die jonger seun is huis toe.
Gholfer se dogter vertel – ‘Depressie het my pa sy lewe gekos’
Die professionele gholfspeler Wayne Brett Westner se dogter, ʼn Mej. SA-finalis, vertel haar pa moes teen verskeie demone stoei.
Wen: BondiBlu terug om nuwe herinneringe te maak
BondiBlu International se handelsmerk het nuwe lewe in hulle sonbrille geplaas, betyds om Nasionale Sonbrildag op 27 Junie te vier. Ses Maroela-lesers staan die kans om elkeen ʼn sonbril van BondiBlu International te wen.
Dodetal klim ná gebou in Miami ineenstort
’n Ingenieursverslag van drie jaar gelede het tóé reeds gewaarsku oor “groot strukturele skade” by die woonstelblok.
Gholf: Fichardt-hulle jaag Noorweër
Louis Oosthuizen (208) is ná rondtes van 70, 67 en 71 straks uit die wedloop.