“Twee dae voor die Aarto-wet in werking moet tree, is die bepalings van dié wet steeds nie in die ‘Staatskoerant’ gepubliseer nie.”
Alles vir Dinsdag 29 Junie 2021
Polisie, weermag volgende ingeënt
Die Suid-Afrikaanse redakteursforum het intussen aangedui dat joernaliste volgens die regering ook binnekort ingeënt sal word.
Gevaarligte flikker oor geloof-polisie
Pepuda het ten doel om mense teen diskriminasie, haatspraak en teistering te beskerm. Sou die voorgestelde wysigings egter neerslag in wetgewing vind, sou dit drastiese (en katastrofiese!) gevolge vir die Kerk in Suid-Afrika hê.
Groot verligting toe Nigel se krag aangaan
“Dit was hemels om weer in warm water te kon stort.”
Kinders moet leer van mislukking om sukses te behaal
“Ons verantwoordelikheid as ouers strek baie verder as om net ʼn perfekte wêreld te skets, sonder foute en terugslae.”
Boek: Drama, humor en liefdesdriehoeke
Een boek met drie gewilde tienerverhale: ‘Rugbyballe en bikini’s’, ‘Daar’s ʼn ou in my aarbei-smoothie’ en ‘My hart klop muffins’. Dit is geskik vir tieners 14 jaar en ouer.
Hoogste hof lê Zuma 15 maande tronkstraf op vir minagting
Die Konstitusionele Hof is Suid-Afrika se hoogste hof – daar is dus geen hoër gesag op wie die oudpresident hom nou kan beroep nie.
Man vas ná liggaam in put gevind is
Die liggaam is glo dié van die verdagte se vriendin wat vroeër vermis geraak het.
Gesteelde Picasso byna dekade later gevind
Die skildery van Pablo Picasso is in 2012 binne sewe minute uit ’n galery in Athene gesteel.
Video: Moeilikheid in Swaziland oor ‘monargie’
Koning Mswati III het na bewering landuit gevlug te midde van grootskaalse geweld wat sedert Vrydag voortduur.
Nog tyd vir kommentaar oor wysigings aan vuurwapenwet
Die oorspronklike spertyd vir kommentaar sou aanvanklik vandeesweek verstryk.
Dis Anderson teen Djokovic op Wimbledon
Kevin Anderson het in sy openingswedstryd teen Marcelo Vera altesaam 41 kishoue afgestuur, maar hy sal op sy heel beste moet wees indien hy enigsins ’n kans teen Novak Djokovic wil staan.
Video: Beer en haar kleintjies koel af in swembad
In die video wat op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe die ma-beer en haar twee kleintjies midde ʼn hittegolf by die swembad baljaar.
Ligte vliegtuig ploeg in veld by Germiston
Vier mense was in die vliegtuig toe dit in ʼn veld tussen Leondale en Wadeville neergestort het.
Nóg drie vas oor VBS-skandaal
Die Valke se visier is nou op munisipale amptenare vir hul beweerde aandeel in die plundering van die omstrede VBS Mutual Bank.
Nuwe SANParke-regulasies raak veral Gautengse reisigers
Talle mense se vakansieplanne word deur die vlak 4-regulasies geraak.
Christia Visser terug op die Top-20
Appel bly in die no. 1-posisie met “Hier sal jy boer”.
Reeds 30 jaar ná die begin van die Joego-Slawiese oorlog
Met die einde van die Koue Oorlog het ook in Joego-Slawië die beroep vir demokrasie en daarmee saam selfbeskikking opgeklink.
Karla se Lightning eerste op punteleer
Die 31-jarige oudleerling van Hoërskool Zwartkop in Pretoria is vroeër as die span se kaptein aangewys en sy het ’n beduidende rol in hul onlangse oorwinning teen die Collingwood Magpies gespeel.
Jong man op dansvloer in PE doodgeskiet
Die aanvallers het klapmusse gedra en verskeie skote geskiet.