Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Audi se 331kW RS5 Sportback en met Mitsubishi se mooi veeldoelige voertuig, die Xpander. Daar word ook raad gegee oor wat jy moet doen as booswigte spykers in die pad gooi.
Alles vir Woensdag 30 Junie 2021
Zuma in ‘goeie bui, soos altyd’
Die oudpresident se seun Edward het intussen gesê hy is bereid om te sterf om te verhoed dat sy pa tronkstraf uitdien.
Helmut Meijer verskuif grense met musiek, outobiografie
Nadat hy drie hartprosedures oor ʼn tydperk van vier jaar ondergaan het, het hy verplig gevoel om sy storie van ʼn “gebreekte hart” in boekformaat te vertel.
Mediclinic beleef nou ook toename in dié provinsies
Volgens die hospitaalgroep het die verbod op alkohol tot op hede nog geen wesenlike verskil in sy hospitale gemaak nie.
Man ernstig in verbyry-skietery beseer
“Die man het met veelvuldige skietwonde in die motor gelê.”
Watwou, Proteas wen met 1 lopie!
“Ons het al voorheen in soortgelyke situasies vasgeval.”
Drie in hof wat staat glo uit miljoene bedrieg
Al drie beskuldigdes was by die departement van onderwys werksaam.
Tribuo-fonds se teatermarathon uitgestel
“Ons is uiteraard baie teleurgesteld omdat ons juis met die Wawyd Wakker-projek mense wou bewus maak van die nood in die uitvoerende kunstebedryf.”
Verbruikersake: Só gaan POPI jou persoonlike inligting beskerm
Ina Opperman het gaan kyk hoe jou persoonlike inligting nou beskerm gaan word.
Petrol oor vrou uitgegooi tydens roofpoging
ʼn 69-jarige vrou is glo tydens ʼn sake-afspraak gedreig voor daar petrol oor haar uitgegooi is.
Serebraal gestremde student deel storie van hoop
Welthagen se groot droom is om sy eie sakeonderneming te begin, spesifiek in ʼn sportrigting aangesien sport nog altyd ʼn passie is wat hy najaag. Tans is hy op soek na werk wat sy spesifieke omstandighede verstaan en waar hy ʼn waardevolle bydrae kan lewer.
Wenke: Maak jou tuin klein-hondjie-vriendelik
Klein hondjies is besonder energiek en sommer ekstra nuuskierig, daarom moet jy nou planne maak om jou tuin ʼn veilige speelplek vir jou hondjie te maak.
Delta-variant ál meer dominant in SA
“Dit is belangrik om daarop te let dat herinfeksie met die Delta-variant moontlik is ná ʼn Beta-infeksie weens die afname in immuniteit.”
Zondo-kommissie: Zuma-uitspraak stuur belangrike boodskap
Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping is vol lof vir die Konstitusionele Hof wat oudpres. Jacob Zuma 15 maande tronkstraf opgelê het vir minagting van ʼn bevel om voor die kommissie te verskyn.
Covid-19-statistieke: 67% van nuwe gevalle in Gauteng
Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 26,2%.
Gedagte vir die dag: Herstel jou verhoudings
Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg. Só sal julle optree soos ware kinders van julle hemelse Vader. (Matteus 5:44-45)