Die Ford-sedan het glo tydens die botsing aan die brand geslaan.
Alles vir Donderdag 1 Julie 2021
Ramaphosa het nié parlement mislei – Konstitusionele Hof
Nog een van die Openbare Beskermer se verslae is in die hof omgekeer, dié keer haar verslag oor ʼn skenking aan pres. Cyril Ramaphosa se CR17-veldtog.
Caster se kans verby om vir Spele te kwalifiseer
Selfs al het Caster Semenya gister se wedloop in die verlangde tyd kafgedraf, sou sy steeds nie na die Spele kon gaan nie omdat sy net tot 29 Junie kans gehad het om vir die internasionale skouspel te kwalifiseer.
Podlitiek: SA ingeperk, Zuma opgesluit, sportsterre uitgesmyt
In hierdie week se weergawe van Podlitiek word drie stories wat van groot mediabelang is bespreek, naamlik die vlak 4-inperking, die aankondiging dat oudpres. Jacob Zuma moet tronk toe, en die ontipiese vanne in die Britse- en Ierse Leeus-spanne.
Egpaar op plaas buite Bapsfontein aangeval
Die egpaar is vantevore ook aangeval op hul plaas.
Vermeende rower sterf in Centurion-transitorooftog
Nog ʼn verdagte het glo ernstige beserings opgedoen toe veiligheidswagte op hulle losgebrand het.
Waarom kinders boelies word
Sy gebruik die idee van “’n kind is nie ’n eiland nie” – ’n kind se gedrag kan nie van sy omgewing geskei word nie: Hy of sy leer die gedrag by diegene om hom of haar en boots dit na.
Spaarmaand: Tem jou kruideniersware se begroting
In die gees van Nasionale Spaarmaand wat in Julie gevier word gaan Maroela Media oor die volgende paar weke lesers verskeie nuttige spaarwenke bied. En ons spring sommer weg met die inkopiewaentjie in die hand.
Proteas kan vandag T20-reeks beklink
Toegegee, Temba Bavuma-hulle se seges was nie van die mooiste in die geskiedenis van die formaat nie, maar die Windies is nogtans die verdedigende wêreldkampioen ná Carlos Brathwaite se heldedade in Indië vyf jaar gelede.
Pampoenkraal-8: Hooggeregshof staan borgtog toe
Die agt mans is borgtog toegestaan nadat hulle hul tot die hooggeregshof gewend het.
Toenemende opstand terwyl Eswatini brand
Honderde vragmotors is by die Oshoek-grenspos gestrand terwyl hulle wag om die grens oor te steek. Sommige van die vragmotors is glo ook geplunder.
Verkleurmannetjie verswak ‘skielik’ ná noodkeisersnee
“Sulke klein spesies reageer oor die algemeen nie goed op narkose nie. Tog was ons hoopvol dat sy sal deurtrek.”
SA’ner se skietdood in Hawaii: Polisie se optrede geregverdig
Daar is intussen bekend gemaak dat Myeni sowat 30 minute voor die voorval waarin hy doodgeskiet is, ʼn vreemde interaksie met ander polisiebeamptes gehad het.
‘Word wakker, mamma is hier’; tiener in koma ná motorfietsongeluk
ʼn Gr. 11-leerder aan die Hoër Tegniese Skool Witbank is ernstig beseer toe hy met sy motorfiets in ’n botsing betrokke was.
Bill Cosby se skuldigbevinding omgekeer
Daar is bevind dat die akteur nie ’n regverdige verhoor gehad het nie.
GWK-werkers vas oor beweerde geldwassery
Die vyf mans het glo die pryse van gekwoteerde toerusting opgestoot.
Radio hou baie jonges in SA ‘geselskap’
Jong mense luister, ten spyte van die aantrekkingskrag van sosiale media, steeds graag radio – veral op hul selfone.
WP troef Haaie in naelbytstryd
Streeptruie eerste op Curriebeker-punteleer.
Zuma reageer op Konstitusionele Hof-uitspraak
Zuma het nog nooit geglo hy is bo die wet verhewe nie en eerder nog altyd daarop aangedring dat hy soos enige ander burger behandel moet word en dat sy reg op gelyke beskerming van die wette gerespekteer en beskerm moet word, lui die verklaring.
Munisipaliteite se beleggings by VBS wás ‘onregmatig’ – OB
Altesame 14 munisipaliteite is by die skandaal betrek – en miljarde rande is weens die beleggings verloor.