Alles vir Saterdag 3 Julie 2021

Hoffie Hofmeister: ’n Lewe deur ’n kamera se lens

Fotografie het vir hom wonderlike wêrelde oopgemaak, vertel Hoffie Hofmeister. Een van die hoogtepunte wat hy uitsonder, is juis ʼn reis van drie weke na Atlanta tydens 1991 se Mej. Wêreld-kompetisie. Van Springbokrugbytoere wat Hoffie meegemaak het, is daar wonderlike staaltjies om te vertel. Alles was egter nie altyd maanskyn en rose nie en soms moes Hoffie ook in gevaarlike omstandighede foto’s neem.