Lees, luister en geniet die Bybelverhale, liedjies en illustrasies saam met jou kleuter. ʼn QR-kode word ingesluit wat lesers gratis toegang tot Jan de Wet se liedjieopnames bied.
Alles vir Maandag 12 Julie 2021
TV-toekennings floreer ondanks pandemie
Die Netflix-reeks The Crown sal na verwagting in hierdie uitsonderlike jaar die botoon voer.
Resep: Feta-en-Peppadew-doopsous
“Hier’s vir jou ʼn romerige, dekadente doopsous met twee soorte kaas en die pikante soutsurigheid van egte Suid-Afrikaanse Peppadews.”
Finansiële hoof van Kgetlengrivier-munisipaliteit geskors
Daar is tans ook ʼn saak hangende teen die munisipale bestuurder by dieselfde munisipaliteit.
Miljoene dosisse Chinese entstof vir Covax belowe
Twee Chinese entstofvervaardigers het ingestem om onmiddellik meer as 100 miljoen dosisse van hul Covid-19-entstof beskikbaar te stel.
Prettige Afrikaanse padrit-fliek nou te sien
“Die fliek kyk met ʼn tong in die kies na van die kwessies wat mense in hul laat 20’s kwel.”
Pta’ners gevra om toiletware vir behoeftiges te skenk
Kom haal ʼn handgemaakte shweshwe-sakkie af en maak dit vol met noodsaaklike toiletware. So help jy om die lewe makliker te maak vir mense wat nie nou hierdie soort luukses kan bekostig nie.
Weermag ontplooi om geweld, plundery te onderdruk
“Die weermag se hoofdoel is om veiligheid te verseker en ’n veilige werksomgewing vir die polisie te bied.”
Covid-19 eis voormalige KZN-premier
“Suid-Afrika het ʼn baanbreker in die veld van wetenskap en tegnologie verloor.”
Nóg foto’s: Talle reeds vas vir geweld, oproer
Meer as 200 mense is reeds in verband met betogings in KwaZulu-Natal en Gauteng in hegtenis geneem.
Ysige koue vir noorde van land wag
Dié week is moontlik die koudste week wat vir vanjaar se winter in Gauteng verwag word.
Leeus se span bekend vir toets teen SA A-span
Die Springbokke en Britse en Ierse Leeus het Sondag in die Moederstad aangekom en sal nou met voorbereiding begin vir die volgende drie toetse.
ʼn Valley-pakket wat elke boer se sak sal pas
Vir boere wat wil terugsit en hul besproeiing in hul spilpunte se hande laat, is daar ʼn revolusionêre pakket wat volle beheer bied en vir nog baie lank tendense sal oorheers.
Al die plante in dié tuin kan jou doodmaak
Besoekers het al selfs net van die walms in die tuin duiselig geword of flou geval.
Poskantoorbestuurder vas vir ‘diefstal’
Die bestuurder beweer hy het Donderdagmiddag die poskantoor gesluit en die volgende dag op die sogenaamde diefstal afgekom.
Tour de France: Pogacar dra steeds geel trui
Tadej Pogacar het Sondag te midde van verskeie uitdagings in die 15de skof van die Tour de France die algehele voorsprong behou.
Man vas vir moord op bekende dokter se vrou
Karin Marais is in haar huis op Graaff-Reinet aangeval en het later in ʼn hospitaal aan haar beserings beswyk.
Breër ekonomiese herstel ‘skrale troos’ vir klein sakelui wat steier
Ramaphosa het tydens sy toespraak Sondagaand onderneem om alles in sy vermoë te doen om sakeondernemings te ondersteun.
Video: Winkelsentrum brand; betogings woed voort
Gewelddadige betogings het sedert oudpres. Jacob Zuma se inhegtenisneming verlede week opgevlam.
Zuma-aansoek Maandag aangehoor
Die stigting voer voorts aan dat Zuma ʼn regspresedent wil laat skep wat die regstelsel sal lamlê, omdat dit sou beteken ʼn party kan kies om nie aan hofverrigtinge deel te neem nie, net om later die geleentheid te eis om voorleggings te doen.