“Met Novak Djokovic is daar elke dag iets nuuts; elke dag iets beters. Hy gaan nie ophou nie. Hy wil nie ophou nie.”
Alles vir Dinsdag 13 Julie 2021
Video: Seemeeu gryp kos uit sy mond
Matthew het ʼn KFC-ete geniet toe die seemeeu onverwags toegeslaan het.
Kyk uit vir die gevaartekens van uitbranding
Indien jy hierdie wenke toepas en jy steeds nie verbetering in jou gemoedstoestand ervaar nie, is dit raadsaam om professionele hulp in te win. Maak ʼn afspraak by ʼn sielkundige of by jou dokter. Uitbranding is ʼn ernstige saak en dit is lewensbelangrik om die korrekte hulp in te win voordat die skade onomkeerbaar is.
Oudpolisieman skiet familielid in boud
Die man was glo geïrriteerd met ʼn groep kinders wat buite sy huis in Namibië se Ohangwena-streek gespeel het toe hy sy vuurwapen uitgepluk het.
Uitdrukking: Die handskoen opneem
Wanneer sê ons iemand het die handskoen opgeneem? Taaltoffie ondersoek die betekenis en herkoms van dié uitdrukking.
Boekresensie: Klein kook en geniet
Jy kan jou maar reghou vir baie ure se pret in die kombuis wanneer jy Klein kook en geniet sou inspan om jouself of jou kinders te leer oor kosmaak en bak. Dié kookboek staan nie ’n tree terug vir meer gevorderde resepteboeke net omdat dit gemik is op die onervare kok nie.
Weerlig eis 76 in Indië
Dodelike weerligstrale kom glo gereeld tussen Junie en September tydens die vroeë stadiums van die jaarlikse moesonseisoen in Indië voor.
Nuwe goud skiet nou wortel in Afrika
Landbou is die nuwe mynbou. Terwyl verskeie sektore wêreldwyd as gevolg van inperkingsmaatreëls onder druk geplaas is, het landbou sterk gegroei.
Praktiese planne vir geldslim gesinne
Ofskoon almal hulle sente drie keer moet omdraai te midde van die onsekere werk-en-geld-wêreld, moet ons oppas om nie ons kinders onder ons geldjuk staan te maak nie. Ons moet hulle toerus om as aandeelhouers in die gesin se finansiële welstand eienaarskap te neem.
Boek: ‘Kies-jou-avontuur 3’ – De Wet Hugo
Gaan Darius se fliekkennis hom help wanneer ʼn hologramreus hom en sy tweelingbroer, Darius, na ʼn virtuele fliekwêreld ontvoer?
Jagter tuis ná maand in hospitaal
’n Gemsbokbul het Marco Schoonwinkel onlangs met sy horing deurboor tydens ’n wildverskuiwingsoperasie in Thabazimbi.
Die ‘land brand’, wat is die plan? – DA
Die VF Plus bevraagteken die staat se vermoë en erns om die situasie in KwaZulu-Natal en Gauteng te ontlont voordat dit na die res van die land oorspoel.
Apteke geplunder, medisyne en entstofsentrums verwoes
Die organisasie waarsku ook dat die “waansinnige” plundery boonop self moontlike superverspreiderbyeenkomste was.
Private veiligheidsdienste onder groot druk
Die veiligheidsgroep Fidelity het reeds sy kontanttransitovoertuie uit geweldgeteisterde gebiede onttrek.
Covid-19-statistieke: Heelwat minder nuwe gevalle
Die algehele getal Covid-19-gevalle gister is laer as ʼn dag tevore én laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die voorafgaande sewe dae.
Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor uitdagings
Wees sterk en vol moed, en doen die werk. Moenie bang wees of moedeloos word oor die groot werk nie. Want die Here God, my God, is met jou. Hy sal jou nie in die steek laat of jou verlaat nie. (1 Kronieke 28:20)