Infrastruktuur by verskeie skole is gebrand, geboue verniel en eiendom geplunder.
Alles vir Donderdag 15 Julie 2021
Alun Wyn op Leeus se plaasvervangersbank
Duhan van der Merwe word ook weer vir Kaapse stryd losgelaat.
KZN-vroue ‘platgeslaan’ deur onluste
Twee KwaZulu-Natalse vroue het Maroela Media vertel van die angs en hartseer wat hulle tydens die huidige onluste in dié provinsie ervaar.
Podlitiek: Brand Suid-Afrika?
In die week se Podlitiek-episode bespreek die span die onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal.
Resep: Gis- en eiervrye brood
Het jy dringend brood nodig, maar jy kan nie by die winkel uitkom nie? Probeer gerus dié maklike 4-bestanddeel-broodresep.
Dit is politiek, domkop
My mening is dat die huidige golf van onrus meestal oor die volgende paar dae sal bedaar en ʼn mate van normaliteit sal moontlik terugkeer. Ons almal weet egter dat die vulkaan van armoede en ontevredenheid net onder die oppervlak broei, en volgende keer sal dit erger wees.
Vermoorde advokaat se vrou aangekla
Mientel Nortier is verlede Vrydag in hegtenis geneem kort nadat haar man, Leon, in hul huis in Table View doodgeskiet is.
Berei jongmense voor vir veranderende werksomgewing
Op 15 Julie vier ons Wêrelddag vir jeugvaardighede en benadruk ons die verantwoordelikheid van ouers, onderwysers, skole en ander onderwysrolspelers om ons leerders op die werksplek voor te berei deur die bostaande vaardighede te ontwikkel.
China wil oningeëntes uit skole, hospitale verbied
Kennisgewings is na bewering aan talle stede in China uitgereik wat stipuleer dat mense wat nie inentings teen die koronavirus ontvang nie, verbied sal word om in openbare ruimtes soos hospitale en skole te beweeg.
Honda CRF 300 L – ’n Veldfiets met padhouvermoë
Miskien het jy ook ’n motorfiets nodig in jou lewe en teen R84 999 is vryheid nie heeltemal so onbereikbaar nie, skryf Brian Cheyne.
Peperduur elektrisiteit en water: Gee my krag
Benewens beurtkrag en baie dele van die land wat weens stokou infrastruktuur en skokkende wanbestuur in die donker én met droë krane sit, dok Suid-Afrikaners steeds sakke vol geld vir krag en water op.
Kyk: Verstappen jaag teen ’n Spitfire
Die ikoniese Britse vegvliegtuig kan ’n topspoed van amper 600 km/h bereik.
Dors plunderaars teiken al meer as 200 drankwinkels
Drankwinkels word in die afwesigheid van soldate en polisiebeamptes spesifiek geteiken en gestroop. Miljoene rande se voorraad by pakhuise en kleinhandelaars in die twee provinsies is gesteel en winkels beskadig.
Kyk: Voelgoed-video’s maak harte warm te midde van chaos
In Alberton het personeel en besoekers lofprysing buite ʼn hospitaal gedoen, werknemers in Tugela bedink ʼn slim plan met kookolie en ʼn man maak musiek in die strate van Umhlanga.
#AlumniVirAfrikaans: Kyk net hoe baie Pukke is ons hier!
Ek is vandag geseënd en gelukkig in my grootmensskoene, maar ʼn mens se hart hunker na jou alma mater. My hart verlang soms na die aande wat ek saam met my koshuisvriendinne op die dak gesit het, ook na die vroegoggendure se geskarrel om al ons eksamenantwoorde deur te werk.
Am besing ‘briljante’ Kolbe se lof
“Cheslin is een van ons belangrikste spelers en hy was oudergewoonte weer oral op die veld – dit is wonderlik om hom in die span te hê.”
Busse brand in Kaapstad
“Geen tekens van vandale of betogers is in en om die fasiliteit gevind nie.”
Beveilig jouself en jou gemeenskap só
Ian Cameron, ʼn onafhanklike kenner van gemeenskapsveiligheid en geweldsmisdaad in Suid-Afrika, gee raad oor hoe om na jou veiligheid en die van jou gemeenskap om te sien.
Luiperdrob maak Kaapse draai
Luiperdrobbe word hoofsaaklik in Antarktika aangetref en leef op ys.
Nog 25 000 soldate ontplooi terwyl vrees oor voedselsekerheid toeneem
Dit word aanbeveel dat weermagsoldate nou produsente, vragmotorbestuurders en winkelpersoneel beskerm om te midde van die plundery weer vars produkte op die winkelrakke te kry.