“Spesialiseenhede van ons wetstoepassingsagentskappe werk onverpoos om diegene verantwoordelik vir die beplanning en koördinering van die geweld aan te keer. Ons gaan geen steen onaangeroer laat om hulle te laat boet nie.”
Lees meerAlles vir Vrydag 16 Julie 2021
Kyk Ramaphosa se toespraak hier
Pres. Cyril Ramaphosa sal die land Vrydagaand om 20:30 weer toespreek.
Groot kommer ná meer as miljoen patrone gesteel word
“Kan dit wees dat die beweerde plundering van 1,5 miljoen patrone moontlik nie net toeval was nie, maar eerder ʼn georkestreerde poging om toegang te verkry tot ammunisie om verdere aanvalle te steun?”
Renosterhoringdiewe skuldig bevind
Jonathan Jeremy Perring (37), Keanon Terblanche (28) en Christo Shaun Swartz (30) is Donderdag in die streekhof op Gqeberha (Port Elizabeth) gevonnis.
Wes-Kaap sê hy het genoeg brandstof
Die provinsie het wel probleme ondervind met die beskikbaarheid van gas.
Ramaphosa praat weer vanaand
Intussen het die dodetal weens die oproer tot 212 gestyg.
ToekomsVenster: Dié wat op die Here wag
Dit is die soort mens wat nuwe krag ontvang.
Gauteng bereik viruspiek
Die Gautengse regering sê daaglikse nuwe infeksies bly egter hoog en talle mense benodig steeds hospitalisasie.
Tweede getuie geroep in saak teen vermeende verkragter
Beeldmateriaal wys ook hoe Memese in ’n stadium sy eie glas met Gouws s’n ruil, waarna sy binne minute onstabiel begin raak.
Heerlike vakansiepret by Voortrekkermonument
Die Pioniersentrum by die Voortrekkermonument het vroeër die week sy eerste vakansieprogram vir kinders aangebied.
Emosionele intelligensie: Só kan dit jou help
Het jy geweet emosionele intelligensie (EI) is een van die sterkste aanwysers van sukses in ʼn sakeomgewing? Nou kan jy dalk vra, maar wat is emosionele intelligensie presies, en kan ʼn jy hierdie soort intelligensie van jou verbeter? Heidi Mollentze verduidelik.
Nou dreig Shivambu met geweld oor grond
Die DA sê die bedekte dreigement dat dit wat die afgelope week in die land gebeur het, ʼn piekniek was in vergelyking met wat sal gebeur met grondonteiening, moet verwerp word met die minagting wat dit verdien.
Beamptes vas wat man met misdadiger ruil
Twee polisielede het glo ʼn man onregmatig in hegtenis geneem nadat hulle hom glo wou voorhou as ʼn verdagte wat vroeër die dag uit polisieaanhouding ontsnap het.
Russiese vliegtuig skoonveld
Altesame 17 passasiers, onder wie vier kinders, is aan boord.
Dodetal styg weens vloede in Europa
Intussen is nog mense dood ná ʼn modderstorting in Noord-Rynland-Wesfale.
Lang afstand stuit nie siek student
Hy is egter vasbeslote om sy kwalifikasie te verwerf en stap elke dag 5 km na die BKO en terug.
Quinny terug; slaan 100-tal
Terselfdertyd het hy ’n skitterende openingsvennootskap van meer as 200 lopies met die talentvolle Janneman Malan geniet.
Selfstandige gemeenskappe nie gevangenes van ‘bevrydingsbeweging’
Die tonele van plundering en vernietiging word deur die ANC veroordeel, maar eintlik is die tonele maar net ’n morbiede vergestalting van dit wat die ANC geword het: ’n plunderende party van korrupsie en selfverryking.
Handwerk: Skep jou eie salige sithoekie
Skep met dié pragtige ottoman ʼn lekker plekkie waar jy kan lees, bid of selfs net oor die dag se gebeure kan nadink.
‘Ryk’ sakeman plunder saam
Hy het glo ’n wasmasjien, drank en braaitoerusting opgeraap en in sy Jeep Wrangler geprop.