Die algehele getal gevalle was Vrydag minder as ʼn dag tevore, maar is steeds meer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae.
Alles vir Saterdag 17 Julie 2021
Bernie glo kniebuigery is bloot ’n modegier
“Kyk net na deesdae se sokkerwedstryde; om die knie te buig het bloot ’n modegier geword sodat dit lyk asof daar iets gedoen word. Maar gebeur daar dan enigiets verder?”
Briljante Louis laat spat rekord
Dié links-baan pas Suid-Afrika se Louis Oosthuizen soos ʼn handskoen, want hy slaan die bal reguit en ver en sy naderhoue en setwerk is briljant.
Honderde winkels begin skade weens oproer bepaal
“Sasria het voorts die versekering deur ʼn openbare verklaring gegee dat hy die finansiële vermoëns het om eise na te kom, hoewel vertragings verwag kan word weens die talle sakeondernemings en bedrywe wat geraak word.”
Departement krabbel terug oor verbod op brandstof in kanne
Brandstof mag nou weer aan klante met draagbare houers verkoop word, mits dit ʼn goedgekeurde houer is.
Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor God se roeping
Mag die God van vrede julle volkome aan Hom toewy. Ja, mag God julle so bewaar dat julle na gees, siel en liggaam volkome vlekkeloos sal wees wanneer ons Here Jesus Christus terugkom. Hy wat julle roep, is getrou. Hy sál dit doen! (1 Tessalonisense 5:23-24)