Die regering het sowat €400 miljoen (byna R7 miljard) bewillig vir onmiddellike verligting.
Lees meerAlles vir Woensdag 21 Julie 2021
‘President moet verslag oor Digital Vibes beskikbaar stel’
“Die president is dit aan die belastingbetaler verskuldig om te sê wat die verslag bevind het.”
Meer as 45 000 gevalle van swaminfeksie in Indië
Die sterftekoers is meer as 50%.
Man vas oor moord op polisiebeampte
Verskeie skote is gevuur en die polisiesersant is die aand in sy huis noodlottig gewond.
Publiek gewaarsku teen vleis van Hammarsdale-pakhuis
Die pakhuis is ʼn paar keer aan die brand gesteek tydens oproer in die provinsie.
ToekomsVenster: Vlug na Jesus
Jesus is die Een, die Verlosser, die Messiaskoning, die Weg, Waarheid en die Lewe.
Skool rou ná skoolhoof se dood
“Hy het talle se lewens aangeraak en diep spore getrap met sy passie en liefde vir onderwys, die skool en kinders.”
Luister in 3 minute: Moody’s kap metrorade se skuld; lesse te leer uit onluste
Gerhard van Onselen van Sakeliga fokus op die verdere kredietafgradering van sekere metrorade se skuld. Hy verduidelik waarom die praatjies van sameswerings in die onlangse onluste ons nie moet flous nie, en bespreek watter lesse daar te leer is uit die gebeure van verlede week.
BioNTech-entstof teen Covid-19 gou in SA vervaardig
Biovac is ʼn Suid-Afrikaanse maatskappy wat in Kaapstad gesetel is. Die entstof sal uitsluitlik aan lede van die Afrika-unie versprei word.
Kenners op pad na Noordkus oor visvrektes
Groot hoeveelhede onkruiddoders, swamdoders en plaagdoders was in ʼn pakhuis gestoor wat verlede week gedurende onluste aan die brand gesteek is.
Taxigeweld ontlont ná weermag intree
Daar is glo geen nuwe gevalle van taxigeweld sedert Dinsdagaand in Kaapstad aangemeld nie.
Hulde stroom in vir David Dukas
Aanhangers en vriende in die vermaaklikheidsbedryf het Woensdag hulde gebring aan die akteur David Dukas.
Hokaai met die brandstof en die braaivleis
Kookolie bly ook peperduur, maar pak gerus ʼn paar vars vrugte in jou kosmandjie.
Foto’s: McGregor skaf peperduur Lamborghini-seiljag aan
Intussen het Dana White onthul dat die veglustige Ier met chroniese artritis in sy enkels sukkel en dat ondersteuners tot ’n jaar kan wag voordat hulle hom weer in die hok gaan sien.
Steeds geen borgtog vir Pofadder-vrou
Die erns van Suretha Brits se misdryf – en die staat se sterk saak teen haar – het uiteindelik meer geweeg as haar persoonlike omstandighede.
Droogte tot nasionale ramp verklaar
Van die droogtegeteisterde gebiede het nou al nege jaar lank geen behoorlike reën gehad nie.
Digter Rosa Smit sterf
Smit se jongste bundel, Die Slingerplant se wintergroei, het pas by Naledi Uitgewers verskyn en sou na verwagting in Augustus bekendgestel word.
Waar staan Duitsland twee maande voor die verkiesing?
Die onlangse stortreëns en oorstromings in veral Wes-Duitsland kan egter die spel verander.
Jong aardwolf terug in die natuur
Volgens Beckley het Maple dadelik van krieke gehou, maar moes eers gewoond raak aan die wurms wat hulle vir haar voorgesit het.
ʼn Besoek aan Görlitz, waar Duitsland nog ‘normaal’ is
Soos wat Duitsland, veral in die groot stede, teen ’n vinnige tempo onherkenbaar verander, is daar onder die enkele behoudendes en meer patrioties gesindes die versugting om in die randgebiede, vêr van die groot stede, ʼn rustiger en meer “normale” lewe te lei.