’n Dokument het uitgelek met die selfoonnommers van 50 000 staatshoofde, joernaliste en koninklikes wat as potensiële teikens vir spioenasie geïdentifiseer is.
Alles vir Woensdag 21 Julie 2021
Luna Paige waag met digitale musiekreeks
“Dit is ʼn eksperiment wat ek bereid is om te doen,” sê Paige. “Ek hoop om alternatiewe tot die digitale landskap soos ons hom nou ken, te verken en te vind.”
Peppa Pig laat VSA-kinders met Britse aksente praat
Volgens ʼn verslag sê ouers hul kinders se spraakpatrone het beslis verander ná hulle ʼn jaar lank tydens die pandemie na dié Britse tekenprent gekyk het.
Mashaba (weer) burgemeesterskandidaat vir Jhb
ActionSA het Woensdag sy burgemeesterskandidate vir Tshwane, Ekurhuleni en Johannesburg bekend gemaak.
12 dood toe moltrein in China oorstroom
Beeldmateriaal van die voorval wys hoe vreesbevange passasiers aan handvatsels klou terwyl die water tot by hul nekke styg.
Leeus kies hul Van der Merwe teen Bokke
“Ons gaan ons bes doen om die wedstryd te wen,” het Warren Gatland gesê nadat hy sy span vir die eerste toets bekend gemaak het.
Familie stoei om SA’ner se oorskot van VSA te bring
“Ons het drie jaar gelede R25 000 betaal om Hennie Amerika toe te stuur. Nou moet ons R180 000 opdok om hom in ’n kis terug te bring huis toe.”
Intelligensieverslag oor oproer bestaan dalk nooit
Die EFF sê as die regering inligting oor die opstand gehad het – en niks daaraan gedoen het nie – sou dit verraad wees.
Is die Konstitusionele Hof in ʼn krisis?
Die Konstitusionele Hof gaan waarskynlik die vonnis verminder ten einde sy eie skade te beperk en as hulle so lank neem soos wat hulle gewoonlik doen, is Zuma dan dalk reeds op mediese parool uit.
Kunstenaars dreig SAUK met hof oor tantieme
Dié tantieme kan ʼn reuseverskil maak in die lewe van kunstenaars wat reeds weens die afsonderingsregulasies swaar trek.
Video: Boodskap van hoop teen Tafelberg
“Ons moet dié veronderstelling dat ons net hulpelose mense is heeltemal omvergooi, want ons is kragtig as ons saamstaan. Om dapper te wees beteken nie jy is nie bang nie, dit gaan daaroor dat jy bang is en steeds opdaag soos jy is.”
Perfekte balans tussen gehalte en prys
Die Suzuki Swift GLX is ʼn mooi buksie en teen dié prys maak dit hom eenvoudig perfek.
Netflix wil videospeletjies se mark betree
Aangesien die diens ook toenemend strawwe mededinging kry van nuwe stromingsplatforms wat die mark betree, soos Disney+ of Amazon Prime, kan speletjies ʼn unieke aanbod aan Netflix-gebruikers bied.
‘Lewis moes met 30 sekondes gestraf gewees het,’ sê Bernie
“Om dinge eenvoudig te verduidelik: Dit was nie Lewis se draai gewees nie omdat sy neus geensins voor was nie.”
Byna 500 begrafnisse per week in Kaapstad
Meer as 14 000 mense in die provinsie is reeds weens die koronavirus dood en die huidige sewedag-gemiddeld vir sterftes staan tans op 75.
Swemmer (blind én doof) onttrek aan Spele omdat ma nie kan saam
“Ek benodig glo nie ’n betroubare assistent nie omdat iemand reeds saamgaan wat na die belange van my en 33 ander Paralimpiese swemmers (onder wie nege blinde deelnemers) kan omsien.”
Mej. SA-finalis deel kitskerrieresep
“Dit is vinnig en maklik om te maak, veral as jy op die nippertjie mense vir ete ontvang of wil nooi.”
Geliefde Lieb Bester sterf
Die akteur en musikant het die afgelope ruk met sy gesondheid gesukkel en is vroeg Woensdagoggend rustig dood.
Video: Gebou met dagsorgsentrum brand
Altesaam 15 volwassenes en ses kinders is uit die gebou gered.
Tatjana swem al Sondag in Tokio
Die 100 m-borsslagitem sal ’n lekker littelosmaker wees, maar die 200 m is die pot goud aan die einde van die Spele-reënboog.