Die kuswag het ʼn “SOS”-teken op die man se hut raakgesien en hom te hulp gesnel.
Alles vir Vrydag 23 Julie 2021
R100 miljoen-skade aan Distell-aanleg in KZN
Die maatskappy het die taxibedryf bedank wat sy onderneming tydens die onlangse oproer help beskerm het.
Groblersdal-moord: Virus dié keer rede vir uitstel
Die saak teen Patricia Ray Lee Smith is toe nie vanoggend voorlopig teruggetrek soos die verdediging wou gehad het nie.
Foto’s: Eerste sneeu in 50 jaar hiér aangeteken
ʼn Inwoner van Bloemfontein het ʼn foto gedeel van ʼn stoel wat bo-op die yslaag op sy swembad staangemaak is.
Terugflitsvideo: Bolt se Olimpiese heldedade
Met die openingseremonie om die draai, is daar iets wat die Olimpiese adrenalien sterker deur die are laat bruis as een van Usain Bolt se 100 m-items?
Covid-19: Piek van derde vlaag bereik; ses miljoen inentings gedoen
“Ons is egter bekommerd oor die toenemende verspreiding van vals nuus oor die newe-effekte van entstowwe.”
Boek van die maand: ‘Tweegevreet’ deur Zirk van den Berg
Ten diepste is Tweegevreet ʼn misdaadverhaal en hoewel ʼn mens agter die intrige en waarskynlik die opklaring van tergende vrae (wie is die skuldige?) aan lees, is dit die karakterbeelding wat jou bybly.
Bokskampioen Andre Thysse sterf
Thysse is beskryf as ʼn hoogs gerespekteerde teenstander, ʼn suksesvolle beroepsbokser en ʼn aanwins vir en dienaar van die sport.
Skeidsregter blaas ook vuur oor Rassie se waterkaskenades
“Rassie Erasmus mag Saterdag nie toegelaat word om water vir die spelers op die veld aan te dra nie. Dit is ’n skuiwergat wat die Springbokke uitbuit en ek hou niks daarvan nie.”
Legendariese veldwagter sterf
Louis Olivier is in 1978 met die Wolraad Woltemade- dekorasie vir dapperheid vereer nadat hy ʼn kollega uit die kake van ʼn krokodil gered het.
Prokureur bedrieg glo huiskopers in Pretoria
Daar word beweer dat hy sedert 2019 meer as R2 miljoen uit voornemende kopers geswendel het.
Trekklaviernote buite hospitaal roer hartsnare
Geen besoekers word by Covid-19-pasiënte toegelaat nie, maar Lukas du Preez wou steeds op een of ander manier ʼn boodskap by sy vrou uitkry. Sy trekklavier sou dus die boodskap moes oordra.
Swaarder vonnis vir ouma wat kind met das verwurg
Smith het haar kleindogter glo gevra om vensters toe te maak, waarna sy die das op die kombuistafel gegryp, dit om Kalis se nek gedraai het en haar daarmee verwurg het.
Gesamentlike landbouontwikkelingsprojek stroop eerste oes
“Dié projek bring hoop in ’n tyd wat dit baie nodig is en dien as ’n bewys van die sukses wat moontlik is as verskillende kultuurgemeenskappe en rolspelers uit die burgerlike samelewing en sakesektor op ’n grondslag van wedersydse erkenning en respek saamwerk.”
Miller, draaiers speel Iere deurmekaar
Dit is die Suid-Afrikaners se tweede agtereenvolgende T20-reeksoorwinning nadat hulle ook vroeër met die Wes-Indiese Eilande afgereken het.
Hollywood: Weinstein pleit weer onskuldig; prins Harry skryf memoir
Tydens die verhoor het Werksman versoek dat die voormalige Hollywood-grootkop vir ʼn mediese ondersoek gestuur word. “Hy word blind in sy een oog.”
Video: Marie Lotz gesels oor ‘Roofdier’
‘Roofdier’ is ʼn senutergende krimi-debuut deur Marie Lotz – ʼn skrywer wat die bloederige donker onder ʼn blink oppervlak blootlê.
Pleidooie vir formulemelk op sosiale media ‘onwettig’
Die departement sê ingevolge wetgewing mag die gebruik van formulemelk nie bevorder word nie.
Resep-video: Sjokolade-krakerrol
Smeer sommer ʼn lekker dik laag karamelkondensmelk op dié sjokoladerol!
10 dae, R100 000 se geskenke: Wen ʼn Volpes-geskenkbewys van R10 000
Volpes bederf een Maroela-leser met ‘n R10 000-geskenkbewys!