“Ons het ’n hele paar dinge waaraan ons in die komende week moet werk. Ons was later ons eie grootste vyand en ons het begin foute maak.”
Lees meerAlles vir Saterdag 24 Julie 2021
Suid-Korea-TV in die sop oor Olimpiese uitsending
ʼn Groot uitsaaier in Suid-Korea moes Saterdag om verskoning vra ná aanstootlike foto’s en onderskrifte gebruik is om deelnemende lande tydens openingseremonie van die Olimpiese Spele in Tokio te beskryf.
Irak, Libanon ruil olie vir mediese dienste
Irak sal Libanon met een miljoen ton brandstofolie vir sy kragaanlegte voorsien in ruil vir mediese dienste, kragtens ʼn ooreenkoms wat Saterdag in Bagdad onderteken is.
Internasionale oorsig: Duitse verkiesing – CDU onder toenemende druk
In die Duitse verkiesing is die CDU onder toenemende druk en die Taiwan-vraagstuk versterk alliansie teen China. Hier is ʼn oorsig van sommige van die jongste internasionale gebeure.
Curriebeker: Sharks knoop Cheetahs se stert
Hulle sê om ʼn volbloedresiesperd op volle vaart te sien, is ʼn belewenis, maar om op die rugbyveld vir Rosko Specman in aksie te sien, is net so lekker.
Olimpiese Spele: Wankelrige begin vir SA op Spele
Die eerste amptelike dag van die Olimpiese Spele het Saterdag in Tokio op ʼn teleurstellende noot vir Suid-Afrika begin.
Internasionale oorsig: Amerika, Iran pak mekaar toenemend in Irak, Sirië
Amerika en Iran pak mekaar toenemend in Irak en Sirië; Latyns-Amerika sak verder terug in politieke, ekonomiese chaos; en rasseverhoudinge in VSA verswak verder. Hier is ʼn oorsig van sommige van die jongste internasionale gebeure.
Teen-afsondering-betogers bots met Sydney-polisie
Owerhede het Vrydag aangedui die afsonderingsregulasies kan tot Oktober voortduur.
Vliegskole klop Tshwane-metro in hof
Vliegskole het die Tshwane-metroraad hof toe gesleep nadat “bewegingsgeld” met soveel as 300% toegeneem het.
Onluste: Komitee sal klein ondernemings besoek
Die doel van die besoek is om by kleinondernemingseienaars te hoor watter ingryping hulle van die regering verwag.
Gesin van vyf sterf in Tafelsig-brand
ʼn Man, vrou en drie dogters is op die toneel dood verklaar.
Swartbergpas bly gesluit
Drie voertuie is steeds op die pas vasgekeer ná motoriste nie ag geslaan het op waarskuwingstekens nie.
DG van hoër onderwys geskors
Gwebinkundla Qonde, die direkteur-generaal van die departement van hoër onderwys, is geskors.
Gholf: Louis vier houe agter in Minnesota
Ná die opwinding van verlede week se Britse Ope by Royal St. Charles in Kent waar Suid-Afrika se Louis Oosthuizen regdeur in die kollig was, was hy en sy landgenote Vrydagaand effe in die agtergrond ná die tweede ronde van die 3M-toernooi wat by TPC Twin Cities in Minnesota beslis word.
Boer (73) wat brand dink weer aan ploeg
Gert Nieuwenhuizen van Mookgophong het vroeër vanjaar sleg gebrand toe die wind gedraai het tydens ’n poging om ’n veldbrand te blus.
Met een oog die tekenwêreld in
“Ek het agtergekom dat my tekeninge ʼn manier is om met mense en die wêreld te praat. Dit is my manier van kommunikeer, gedagtes oordra en deel.”
Ses keer lewenslank vir reeksverkragter
Die man se ma was die stasiebevelvoerder van Delft-polisiestasie in Kaapstad. Sy jongste slagoffer was 12 jaar oud.
Motshekga sê oor skole
Die voorgestelde skoolkalender vir 2023 is ook in die Staatskoerant gepubliseer vir publieke kommentaar.
19 vas toe polisie transitorooftog fnuik
Twee verdagtes en ‘n polisiekonstabel is tydens die operasie doodgeskiet.
Kwanalu wil van Mooirivier-tolplaza ontslae raak
Die KwaZulu-Natalse landbou-unie Kwanalu versoek dat die Mooirivier-tolplaza op die N3 tussen Durban en Johannesburg verwyder word weens die risiko wat die ligging daarvan plaas op die volgehoue ekonomie van die provinsie.