Skuif nader vir gunstelingsprokies soos ‘Rooikappie’, ‘Die wolf en die sewe bokkies’, ‘Die musikante van Bremen’. Dit is deur Marita van der Vyver saamgestel en vertaal.
Alles vir Maandag 26 Julie 2021
SA’ner sorg vir opskudding in Olimpiese branderplankry-kompetisie
“Ek het niks gehad om te verloor nie, so daar was absoluut geen druk nie.”
Resep: Sampioen-en-spinasieroereier met gerookte mozzarella en paprika
Wie’t gesê ontbyt is vervelig? Hierdie rokerige roereier sal die teendeel bewys.
Louis nog ʼn keer strooijonker
Oosthuizen, wat deur sy groot vriend Charl Schwartzel (wat saam met hom tweede geëindig het) oorreed is om slegs ʼn week ná die Britse Ope in Kent in dié Amerikaanse toernooi af te slaan, het die vierde en laaste ronde in 66 houe voltooi.
Vrou vermoor kêrel glo ná klap
Die twee was glo in ’n hewige argument buite ’n huis betrokke.
Goud wink vir blitsige Tatjana
In vandag se aksie het die Suid-Afrikaner weer eens water in die oë van die verdedigende Olimpiese kampioen, Lily King, geskop.
Verligting vir drankbedryf wyd verwelkom
Die verkoop van alkohol vir tuisgebruik word voortaan van Maandag tot Donderdag tussen 10:00 en 18:00 toegelaat. Drankverkope vir gebruik op die perseel word enige dag van die week tot 20:00 en ingevolge die spesifieke plek se lisensievoorwaardes toegelaat.
10 dae, R100 000 se geskenke: Tien UPS’e te wen
RSAWEB bederf tien Maroela-lesers elk met ʼn ononderbroke kragtoevoer-toestel (UPS) ter waarde van R1 800 elk!
Hou jou bloeddruk in toom
Een uit elke vyf Suid-Afrikaanse sterftes word deur toestande verwant aan hoë bloeddruk of hipertensie veroorsaak, terwyl een uit elke vier Suid-Afrikaners hoë bloeddruk het. Maar wat is hoë en lae bloeddruk presies?
KZN-premier het ‘g’n reg om buurtwagte te dreig’
Die premier behoort hulle te bedank, nie te kritiseer of te ondersoek nie.”
Buitelander vas ná moord op afgetrede polisiehoë
Jongile is tydens ʼn huisrooftog doodgeskiet.
Covid-19-statistieke: Minder as 10 000 nuwe gevalle
Só lyk die jongste syfers.
Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor stil tye
Net by God kan ek rustig wag, van Hom kom my verlossing. Ek wil rustig op God wag, want van Hom kom al my hoop. Stort jou hart uit voor Hom, want God is ons toevlug. (Psalm 62:2, 6, 9)