“Waar ʼn keuse tussen twee of meer mense se lewens gemaak moet word, kry die lewe van die onskuldiges voorkeur bo die lewe van die aggressor.”
Alles vir Woensdag 4 Augustus 2021
Video: Albert Blake gesels oor ‘Afrikaner Sondebok?’
‘Afrikaner Sondebok?’ deur Albert Blake is ʼn biografie oor Hans van Rensburg se lewe as Ossewabrandwagleier.
Help! My kind moet vakke kies
“Die verkeerde vakkeuse kan jou verhinder om toelating tot sekere studierigtings te kry óf in die verkeerde kursus laat beland, en boonop kan dit jou droomberoep buite bereik boender.”
Potch-student, vier ander sterf in ongeluk
Marelize Steyn was op reis in die rigting van Ventersdorp toe ʼn Polo ʼn ander motor verbygesteek en reg van voor met haar motor gebots het.
Pluimveebedryf blaas nuwe lewe in tydskrif
Die 115-jarige spreekbuis van die pluimveebedryf het homself vroeër vanjaar as ʼn moderne, toeganklike verbruikerstydskrif vernuwe.
Taakspan trek verdagte vas ná rooftog by Tsineng-polisie
Volgens Popcru was net twee polisiebeamptes tydens die rooftog aan diens. ʼn Multidissiplinêre span is ná die rooftog ontplooi om na die wapens en verdagtes te soek.
Erns verken Namibië in nuwe seisoen van ‘Elders’
“Teen sonsondergang gestap op die rooi duine op die rand van die Namib-woestyn en dit het skielik gelyk asof ons in hierdie gloeiende Pierneef-skildery stap.”
Gedig: Woorde
“Op vyftien maande kon ek praat,
so het my ouers vertel,
langs sinne selfs.” Lees Elisabeth Eybers se gedig, “Woorde”.
Dís hoekom Roland Schoeman sportminister wil wees
“ʼn Mens kry die gevoel dat Suid-Afrikaners moeg is om gedien te word deur ministers wat oënskynlik net hulself wil dien, ten koste van gewone burgers,” skryf Schoeman in die brief aan die president.
Namibië juig oor Mboma se silwer
Sy het haar vertoning in Tokio as “die beste” van haar jong lewe beskryf.
Peperduur brandstof gaan verbruikers looi
Motoriste gaan hulle waarskynlik ook moet staal vir ʼn styging in die prys van sekere produkte, asook ʼn styging in vervoerkoste.
Covid-19-statistieke: Weer honderde nuwe sterftes
Gauteng en die Wes-Kaap is nou saam verantwoordelik vir die helfte van alle nuwe koronavirusgevalle.
Skole: Sosiale afstand dalk gehalveer
Naptosa sê dit lyk of die departement nie soek na oplossings nie, maar eerder gesondheid- en veiligheidsregulasies probeer omseil.
Pta-landdroshof moet dié sake ‘dadelik hervat’
Sommige prokureurs sê dit blyk dat Covid-19-regulasies toenemend misbruik word om sake uit te stel.
Foto’s: Groot skade ná brand by Krugersdorp-lodge
Reddingswerkers het omtrent 12 ure lank gespook om die brand in bedwang te bring.
Gedagte vir die dag: Wysheid
Jy moet heuning eet. Dit is goed vir jou. Heuningstroop is lekker in die mond. Net so, moet jy weet, is wysheid vir jou lewe. As jy daarop afgekom het, is daar vir jou ’n toekoms. Jou hoop sal nie verydel word nie. (Spreuke 24:13-14)