Dit was die eerste keer dat al drie HelpJag-ambassadeurs – oud-Springbok-legende Bakkies Botha, asook Adam Tas en Appel, beide Suid-Afrikaanse sangers – saam op die jagveld was.
Alles vir Donderdag 5 Augustus 2021
Kommer oor EFF-betoging in Phoenix
Die DA vra dat die optrede gestuit word voor dit in ʼn “volskaalse rasoorlog” ontaard.
Kyle eindig sesde by Spele
Die voormalige junior wêreldkampioen se derde poging van 21,00 m was sy beste van die dag.
Leon van Nierop se resensie: The Cook of Castamar
Wat hierdie reeks anders maak as die gewone dramas wat jy dikwels stroom, is die vreemde plek waar dit afspeel, die unieke storie en die spanning tussen die koningshuis en die edelman wat die huis/paleis besit, maar nie weer in die regering wil diens doen nie.
US-taalbeleid skend menseregte – taalgroep
“Dit kom daarop neer dat Afrikaans gestroop is van haar Suid-Afrikaanse sowel as Afrikawortels.”
Man pleit skuldig jare ná moord op bejaarde
Hetta Potgieter (85) se liggaam is in 2018 in haar selfsorgeenheid by ʼn versorgingsoord in Mbombela gevind. Haar hande was vasgebind en daar was ʼn voorwerp om haar nek.
Leon van Nierop se resensie: The Last Letter from your Lover
Soms wil ʼn mens net na mooi mense staar wat in moeilike situasies beland waaruit hulle hulself nie gemaklik sal wikkel nie.
Luister: Uitdagende tye inspireer Elvis se nuwe album
“Wanneer jy iets verloor waarvoor jy lief is, raak jy bewus van ander goed wat jy steeds het. Dit is waaroor ek geskryf het terwyl ek gewonder het wat is genoeg.”
Trokke, bakkie brand naby Ermelo
Polisiebeamptes het ook onder die geweld deurgeloop.
WGO diep bekommerd oor ‘lang-Covid’
Lang-Covid blyk in dié stadium een van die raaiselagtigste aspekte van die Covid-19-pandemie te wees.
Zuma sal in ope hof verhoor word
Die oudpresident sal volgende week uit die tronk vrygelaat word om sy verhoor in die korrupsiesaak teen hom en die Franse wapenvervaardiger Thales persoonlik by te woon.
Covid-19-statistieke: Meer as 8 miljoen al ingeënt
Nog 423 sterftes is intussen aangemeld.
Stellenbosch-sakeman kry borgtog
Johan Serdyn (69) word van moord aangekla ná hy glo ’n vermeende betreder op sy sakeperseel doodgeskiet het.
Trane van blydskap toe UV voer skenk
“Ek wens ek kon die boere se gesigte afneem om hul dankbaarheid te wys. Een boer het begin huil toe ons die voer na hom toe aanry.”
Afrigting, geriewe belangriker as kwotas
Die kwotastelsel is tans besig om krieket in Suid-Afrika lam te lê,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, tydens sy voorlegging gesê.
Gedagte vir die dag: Vervolging van gelowiges
Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie. (Romeine 8:38-39)