Appel se “Dina” word vir die eerste keer in weke op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 onttroon.
Alles vir Dinsdag 10 Augustus 2021
Vroue trek swaar onder pandemie
“Vroue bly die ruggraat van die opbouproses; ons sien dit oral. Ons moet ons vroue bystaan en vereer; hulle dra tans ʼn bykans onmenslike las. Dit is Vrouemaand – kom ons omarm ons vroue en help hul om staande te bly.”
Zuma-saak nou virtueel aangehoor
“Dit bly ons onwrikbare oortuiging dat Zuma onwettig in aanhouding is as die eerste politieke gevangene sedert die koms van demokrasie in 1994.”
Só lyk jongste Covid-19-statistieke
Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (29%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (21%) en Gauteng (15%).
Werkers geskors ná Medupi-ontploffing
Eskom het die werknemers wat aan eenheid 4 by die Medupi-kragstasie by Lephalale (Ellisras) in Limpopo gewerk het voor daar ʼn ontploffing ontstaan het, as voorsorgmaatreël geskors.
Gedagte vir die dag: Hy ken jou naam
Ek is die Goeie Herder. Ek ken my skape en hulle herken My. (Johannes 10:14)