Baie geluk aan dié 10 gelukkige Maroela-lesers wat elkeen ʼn ononderbroke kragtoevoer-toestel (UPS) ter waarde van R1 800 elk van RSAWEB wen!
Alles vir Donderdag 12 Augustus 2021
R112 miljard se tekort as NVG ingestel word
Dié bedrag is meer as die polisie se hele begroting, onthul Solidariteit se Navorsingsinstituut in ’n omvattende kosteverslag.
Walvis maak amok in PE-hawe
Die proses om die walvis te bevry het ʼn oponthoud by die tenkskipterminaal veroorsaak.
Triumph open nuwe tak in Pretoria
Die een ding wat die World Black-winkels so aantreklik maak, is die feit dat dit meer as net ’n motorfietswinkel is.
Podlitiek: Zuma opgeneem, kabinet-probleem en medaljewenners vervreem
Die stories wat die week onder die loep kom, is oudpres. Jacob Zuma se gesondheid, die geskommelde kabinet, en die afwesigheid van beloning vir Suid-Afrika se medaljewenners.
Polisie fnuik ‘transitorowers’ wat geldwa oopblaas
Die verdagtes het plofstof gebruik om die geldwa oop te blaas en só toegang tot die geld te kry.
Quinny ook ’n krag in Engeland
In vyf beurte het hy reeds 180 lopies teen ’n gemiddeld van 60 gemoker, terwyl hy sy lopies teen ’n treftempo van 176,47 slaan.
Resep: Groenolyf-en-rooiui-doopsous
“’n Doopsous is altyd ʼn treffer – en ʼn doodeenvoudige manier om jou gaste te laat dink dat jy jou vir ure afgesloof het om alles betyds te berei,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek ‘Armand kook kaal 2’.
Afrigters aangekla ná leerder van hitte-uitputting sterf
Paramedici het die tiener twee keer probeer bybring, maar haar liggaam was glo so warm dat haar hart dadelik weer gaan staan het.
Boek: Kuifie praat weer Afrikaans
‘Die avonture van Kuifie’ is een van die bekendste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn het en is in ongeveer 60 tale vertaal.
Laboratoriumvleis is op pad, wat nou?
Volgens ʼn verslag wat verlede jaar deur die Good Food Institute uitgereik is, is daar al meer as 70 maatskappye by die ontwikkeling van gekweekte vleis betrokke.
Foto’s: Bulle bó op punteleer
Die Blou Bulle het gister agt drieë op Loftus Versfeld gedruk om ’n moedige Griekwas-span met 56 – 33 te wen.
Russiese helikopter stort neer met toeriste
Die ergste word nou gevrees rakende agt van die toeriste se lot.
Weerdiens waarsku oor winde, vloede
Twee winterweerstelsels sal die land gelyktydig tref en koue, reën en sterk winde tot gevolg hê.
Werkers kan dalk deel van pensioen in 2022 bekom
Huidige wetgewing verbied enige toegang tot aftreegeld tensy ʼn werker bedank of afgelê word.
Elana Afrika-Bredenkamp: ‘Vier klein oorwinnings, leef onbeperk’
“As jy deelneem omdat jy ʼn verskil wil maak, al doen jy dit nou nie heeltemal perfek nie, is jy merkwaardig.”
Clarkson vuur nóg ’n salvo in Hamilton se rigting
“Ek is jammer Lewis, maar as jy só optree is jy allesbehalwe ’n held. O ja, en betaal jou belasting.”
Vrou vas ná skoonsuster se dood
Die slagoffer is met ’n meswond aan haar sleutelbeen gevind.
Beveilig jou só teen kriminele
Dit behels bewustheid van sekere situasies wat jou kwesbaar maak vir ʼn kriminele aanval en om dit ten alle koste te vermy.
Wêreldrugby se Rassie-klagtes glo binnekort bekend
SA Rugby sal genoeg tyd gegun word om daarop te reageer.