Gebruik ʼn maklike oordragtegniek om persoonlike opdienplanke of potstaanders te skep.
Alles vir Vrydag 13 Augustus 2021
Groblersdal-moord: Vrou, vriendin saam in beskuldigdebank
Die vermoorde Raymond Gregory Papapavlou se vrou, Simone, het glo maande voor sy dood probeer om hom te vergiftig.
Gesin wag vir ‘volgende klop aan deur’
Jayden is ʼn outismelyer wat oral deur sy geliefde hond, Pepper, vergesel word. Die gesin sukkel nog om ʼn bekostigbare nuwe blyplek in Kimberley te kry.
Meer as R1 miljoen vir medaljewenners ingesamel
Daar was aanvanklik sprake dat die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese komitee nie prestasiebonusse aan die twee medaljewenners sou uitbetaal nie.
Olimpiese kampioen wil eers weer in 2022 hardloop
“Marcell het vanjaar reeds sy allerbeste gelewer en as hy nou weer sou deelneem, is die moontlikheid beslis groter om ’n besering op te doen.”
Bobby, Karlien se ma ná 23 dae uit hospitaal ontslaan
Brink het 12 dae lank in die hoësorgeenheid van die hospitaal om haar lewe teen Covid-19 geveg.
Is jou finansiële adviseur sy sout werd?
Kliënte moet nie huiwer om vir hulle adviseurs ongemaklike vrae te vra nie en moet nie huiwer om ʼn tweede mening in te win nie.
Luister in 3 minute: Skuiwe in kabinet; nuwe belasting wink vir emigrante
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die skuiwe in pres. Cyril Ramaphosa se kabinet, ʼn moontlik nuwe belasting vir emigrante en die regering se planne vir talle nuwe staatsprojekte.
Britney se pa stem in om te waai
“As mense al die feite oor me. Spears se persoonlike lewe geken het, sou hulle mnr. Spears geprys het vir die werk wat hy gedoen het en hom nie beledig nie.”
Is Faf dalk tog ’n moet vir T20-beker?
“Ek weet dat ek nog baie het om vir die Proteas in hierdie formaat te bied.”
Covid-19: ‘SA moet op vlak 3 bly’; ál minder registreer vir inentings
“Ons is dus steeds ver daarvan om te kan sê dat die derde golf verby is.”
Kind onder ses wat in Britse skietery sterf
Die sterftesyfer maak dit die ergste massaskietery in die Verenigde Koninkryk die afgelope dekade
MRK wil seksklag teen sokkerbaas ‘bemiddel’
Jennifer Ferguson beweer dat dr. Danny Jordaan haar meer as 30 jaar gelede in ʼn hotelkamer in Gqeberha verkrag het.
Kultuur: ’n Westerse suksesresep
“Kultuur is nie net braaivleis, rugby en lekker musiek nie.”
Video: Chanette Paul gesels oor ‘Marilyn’
Marilyn was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ʼn mens se sondes haal jou altyd in.
Massagebedsdag teen plaasmoorde beplan
“Die terreuraanvalle op Suid-Afrikaanse plase is toenemend ʼn bedreiging vir voedselsekuriteit en werkskepping.”
Wynlegende sterf op 81
“Hy het altyd met ʼn vrygewige hart sy kennis en begrip met ander gedeel.”
Sakpas-pryse vier Koop-ʼn-Afrikaanse-boekdag
Ondersteun die Afrikaanse boekbedryf en koop ʼn Afrikaanse boek vir jouself of skenk dit aan iemand wat nie so bevoorreg is om nuwe boeke te koop nie.
China skop vas teen verdere ondersoeke na Covid-oorsprong
In die lig van China se onwilligheid vir verdere ondersoeke, is daar al hoe meer oorweging vir die teorie dat die virus uit ʼn laboratorium kom – iets wat vroeër as ʼn samesweringsteorie afgemaak is.
Hollywood: ‘Friends’ se David, Jen glo nié ʼn paartjie; enigste Hitchcock-kind (93) sterf
“Ek onthou hoe ek op ʼn keer vir David gesê het ek hoop nie ons eerste soen gaan op nasionale televisie wees nie,” het Jennifer Aniston gesê.