Die verskuiwing van die brug van R130 miljoen in die klein dorpie Ashton in die Wes-Kaap was die eerste van sy soort in Afrika.
Lees meerAlles vir Sondag 15 Augustus 2021
Pumas breek WP se harte
Die Westelike Provinsie sal vanaand nagmerries hê oor al die verbroude kanse teen die hardebaarde van Mbombela. ʼn Aanskoulike wipplank-wedstryd het gelykop geëindig op Nuweland in Kaapstad.
US-konseptaalbeleid ‘bied weinig vir toekoms van Afrikaans’
“Moedertaalonderrig bevorder juis meertaligheid, verdraagsaamheid en lojaliteit aan die plaaslike gemeenskap, soos studies bewys het.”
Nog ’n gewelddadige huisroof in Theescombe
’n Ma en dogter is Saterdag in Theescombe, Gqeberha (Port Elizabeth) aangeval en beroof.
Covid-19: ‘KZN nou in derde golf,’ sê premier
KwaZulu-Natal is tans in die derde golf van die Covid-19-pandemie en het die afgelope drie dae daagliks meer as 3 000 nuwe gevalle aangemeld.
Haaie wen toe Cheetahs weer teleurstel
Nog ʼn Curriebeker-wedstryd, nog swak besluitneming, nog ʼn verspeelde kans vir die Cheetahs. Dit is tot dusver die treurmare van hul toernooi vanjaar.
Brad Binder wen op dramatiese wyse
Toe die res van die groep besluit die baan is seepglad en hulle moet by die kuipe indraai om bande vir die nat pad vir hul motorfietse te gaan haal, het Binder ʼn reusedobbelspel gespeel.
Dis amper lente, gaan besoek Jasmyn
Die grense tussen Gauteng en Noordwes is onlangs weer oop en die lewe in die groot stad is soms net blok en beton. Al is die pad daarheen nie sonder slaggate en krake nie, sal enigeen se siel aan hierdie deel van Noordwes verknog kan raak; eenvoudige skoonheid, netjies en kleurvol.
Diplomate onttrek wyl Taliban wag om beheer te neem
Die regering het aangedui dat onderhandelinge onderweg is om bloedvergieting in Kaboel te probeer verhoed en mag aan die Taliban oor te gee.
Foto’s: Springbokke in aksie!
Daar was dalk steeds te veel skoppe, terwyl een of twee spelers nie so goed vertoon het nie, maar die Springbokke het nietemin hul eerste Rugbykampioenskap-kragmeting teen Argentinië met 32 – 12 gewen.
Lien Botha reis met woorde en beelde
Wat dié boek egter so besonders maak, is dat daar 400 foto’s en ander beelde van kunswerke ingespan is om die storie te belig. Jy sien saam met die teks van die werke wat Vin ook op haar reise ervaar.
Trekklavier-man se vrou sterf: ‘Ek kon darem afskeid neem’
“Ek sukkel om te verstaan en te aanvaar. Gelukkig het sy nie meer pyn nie. Sy het baie swaargekry aan die einde.”
Kuier in Nagkantoor – Operasie Cashmere
Terwyl hulle in die skadu van die seiljag gesit het, het Dave en Sandy meteens mense gesien wat aangeloop kom, stokke in die hand. Dit was die begin van ʼn sewe weke lange nagmerrie waartydens die egpaar en hul twee jong kinders in ‘n boskamp in Mosambiek gyselaar gehou is.
Kragperk ’n ‘positiewe stap’; meer duidelikheid geëis
“Daarom versoek ons die minister om meer duidelikheid te gee oor die potensiële rol van munisipaliteite as herverkoper.”
Slegs dié wat kan betaal, haal Spele
“Van die atlete het so erg gesukkel dat hulle kospakkies uit die Solidarity Fund moes ontvang.”
Rugby: Bokke se groepstelsel gee deurslag
Springbok-afrigter Jacques Nienaber reken die span se groepstelsel was ʼn reusefaktor in die oorwinning van 32 – 12 oor Argentinië in hul openingswedstryd van die Rugbykampioenskap.
NWU-student skryf onderskeidings uit hospitaalbed los
“Ek kon meeste van die tyd nie regop sit nie.”
Paralimpiese Spele: Span SA stuur 34 atlete
By die Olimpiese Spele kon Suid-Afrika net een goue en twee silwer medaljes inpalm; nou is alle oë op die Paralimpiese span om beter in Tokio te vaar.
Musiekvideo: André Schwartz vier die lewe, asemhaling
“Die inspirasie vir die liedjie het gekom nadat ek een oggend, ná weke van in en uit die hospitaal en tuis aan suurstof gekoppel wees, besef het ek haal self asem.”
Zuma geopereer; nog prosedures wag
Die Jacob G. Zuma-stigting het intussen ’n verklaring uitgereik oor die “vals nuus” wat versprei word rakende die presiese verloop van gebeure toe die oudpresident laataand op 7 Julie in hegtenis geneem is.