“Daar is niks anders wat ek in die wêreld wil doen nie en dis lekker om die geleentheid te hê om die bedryf te verteenwoordig.”
Alles vir Vrydag 20 Augustus 2021
Dawerende stilte oor Oktober-skoolvakansie
Daar is steeds groot onsekerheid oor die kwessie of die vakansie tussen die derde en vierde skoolkwartale wel geskrap gaan word.
Minister bekommerd oor styging in Covid-19-infeksies
Die moontlikheid van ʼn sogenaamde entstofpaspoort in Suid-Afrika kan nie in dié stadium uitgesluit word nie.
Steeds geen droogtehulp vir Oos-Kaapse boere
Die droogte teister sedert 2015 veral die westelike gebiede in die Oos-Kaap.
Beurtkrag vir eers afgeweer
Eskom het Donderdag gewaarsku dat beurtkrag vir die eerste keer in weke ingestel kan word.
Rugbykampioenskap in logistieke chaos gedompel
Intussen het Jurie Roux, SA Rugby (Saru) se uitvoerende hoof, gesê dat die oorblywende Rugbykampioenskap-wedstryde in Suid-Afrika beslis kan word, mits die regering natuurlik die groen lig gee.
Somer in Gauteng dié naweek
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat die sonbrandindeks dié naweek baie hoog gaan wees.
Vandag is D-dag vir watergebruiksregte
Die hooggeregshof in Pretoria het vroeër beslis dat die oordrag van watergebruiksregte nie toelaatbaar is nie, aangesien dit neerkom op die privatisering van water.
Kyk: Wie is die fraaiste Bok in die land?
ʼn Video wat op Instagram gedeel is, wys hoe groot manne soos Eben Etzebeth, Lood de Jager en Franco Mostert geduldig sit terwyl spanlede se kinders hulle grimeer.
Maatskaplike sekerheidsfonds nóg geld wat ANC kan ‘plunder’
“Dit ly geen twyfel nie dat die plundering endemiese afmetings sal aanneem, gegewe die ANC-regering en sy onbevoegde, gierige staatsdiens en openbare ondernemings se eie rekord in dié verband.”
Video: Francois Smith gesels oor ‘Die getuienis’
‘Die getuienis’ is ʼn egpaar se verslag van ʼn reis. Dit is die verslag van drome en visioene, van wonderwerke en vloeke, van bloedverwantskappe en sluimerende woede.
Woord: kapokaartappel
Ken jy die woord “kapokaartappel”?
Messi se gebruikte sneesdoekie te koop vir $1 miljoen
Die sokkerster sou waarskynlik nie kon raai watter storm die sneesdoekie sou ontketen nie.
Diamantmyn by Kimberley kry nog ʼn knewel
Dit is die derde hoëgehaltediamant wat die afgelope paar weke by dié myn ontdek is.
Haïti-aardbewing: Meer as 12 000 nou beseer
Die dodetal het tot byna 2 200 gestyg en ʼn onbekende aantal slagoffers is steeds onder die puin begrawe.
Hollywood: Kyk wie het babakoors; Britney al weer in die sop
Spears het glo die werknemer se selfoon tydens die voorval uit haar hand geklap.
Boek: Oor kopstukke, hartsake en ʼn kerkalmanak
In ‘Glo-stories’ kry jy twee unieke stemme in een boek: Dana Snyman, ʼn storieverteller, en Nadia Marais, ʼn dominee wat sistematiese teologie doseer.
Beurtkrag wink eerste keer in weke
Intussen het die kragreus dienslewering in sommige geweldgeteisterde gebiede in Gauteng onttrek.
Video: Silwer vir blitsige Benjamin
Suid-Afrika se juniors lê tans derde op die medaljepunteleer.
Stuit velveroudering met dié handige wenke
Teenverouderingsmiddels kom in verskeie, bereikbare vorme voor wat oor die hele huis – van die slaapkamer tot in die badkamerkassie en die yskas – aangetref kan word.