‘n Verskynsel wat Dinsdagaand omstreeks 18:20 van ʼn noordelike na suidelike rigting deur die lug getrek het, het inwoners van Limpopo, Noordwes en Gauteng op hol.
Lees meerAlles vir Dinsdag 24 Augustus 2021
Amerika se langste man sterf
Hy was 38 jaar oud.
Rolling Stones-dromspeler oorlede
“Charlie was ʼn geliefde man, pa en oupa en ook, as lid van die Rolling Stones, een van die beste dromspelers van sy generasie.”
DNS-agterstand: ‘SAPD praat nie die volle waarheid nie’
“Dit voel of die SAPD ons mislei. Die agterstand neem toe – dit het nie verminder nie.”
Bababoetie op pad vir Bok-gesin
Die egpaar het reeds twee dogtertjies.
Vrou ernstig beseer toe sy kat uit boom probeer red
ʼn Vrou het Dinsdag in Warner Beach, suid van Durban, ernstige beserings opgedoen toe sy ʼn kat uit ʼn boom probeer red het.
Werkloosheid: Geen draaipunt in sig
Die jongste werkloosheidskoers vir die tweede kwartaal van 2021 wat Statistieke Suid-Afrika Dinsdag bekend gemaak het, weerspieël soos verwag ʼn voortslepende bloedbad van werksverliese in die land.
Vrou vas oor man se grumoord
Die polisie het reeds ʼn skedel en beendere gevind wat vir DNS-toetse gestuur sal word.
ToekomsVenster: Wie is Jesus vir jou?
Ek herinner jou daaraan dat dit juis die unieke is van hierdie Man, Jesus van Nasaret. Volledig mens en volledig God. Ja, tot vandag toe.
100 wonderlike jare vir Hoërskool Klerksdorp
“Ja, ons kry nou swaar, maar dit is ongelooflik om te sien hoe onuitblusbaar die kinders se gees is.”
Twee studente beseer ná hulle van skeepswrak spring
Die NSRI het weereens lede van die publiek gemaan om weg te bly van die wrak wat reeds in ʼn gevorderde stadium van agteruitgang is.
Man oorleef gru-ongeluk
Die motor se dak was heeltemal afgeruk en paramedici het die wrak opgefrommel teen die vragmotor aangetref.
Verfilming van laaste ‘Hotel’-seisoen skop af
“Dit was ʼn absolute avontuur om die reeks te skep en die gewildheid van die reeks en karakters het ons wildste verwagtinge oortref.”
Foto’s: Paralimpiese Spele begin in ’n kaleidoskoop van kleur
“Ek is baie geëerd om ’n vlagdraer saam met Kgothatso te wees. Ek sal hierdie herinneringe vir die res van my lewe koester,” het Charl du Toit vooraf getwiet.
Donasies gevra vir Zuma se regskoste
“Ons versoek nederig donasies om die regskoste van ons beskermheer te help dek.”
Wes-Kaap waarsku oor hondsdolheid
ʼn Inentingsveldtog is van stapel gestuur om troeteldiere in Khayelitsha en ander geraakte gebiede in te ent.
Geen verpligte inenting, maar wel subtiele druk
“Mense raak paniekerig en neem irrasionele besluite wat hulle wil afdwing op ander mense. Dit is ʼn individuele saak en elkeen het die reg om self te besluit en nie onbehoorlik beïnvloed te word nie.”
Aardklop-tienerproduksies eersdaags op die planke
“Die wêreld staan stil, maar nie dié jong teatermakers nie.”
Luister: Saarkie spog met nuwe lid, album
Die rockgroep Saarkie ruk en rol al 15 jaar lank.
Sasolburg-paartjie grusaam vermoor
Die paartjie is op verskillende dae en in verskillende huise gevind, albei grusaam vermoor.