Die laaste Amerikaanse troepe wat verantwoordelik was vir ʼn desperate onttrekking uit die land het gisteraand uit Kaboel vertrek. Die onttrekking laat ernstige vrae ontstaan oor die VSA se status as ʼn supermoondheid.
Alles vir Dinsdag 31 Augustus 2021
Ses in hof oor moord op fluitjieblaser
Babita Deokaran is verlede Maandag buite haar huis doodgeskiet. Sy was ʼn sleutelgetuie in ʼn ondersoek na bedrog met persoonlike beskermingstoerusting.
Nog twee vas oor beweerde tenderkorrupsie by Mogalakwena
Die Valke het reeds 13 mense aangekeer in verband met die korrupsieondersoek ten bedrae van miljoene.
Kankerlyer sterf ná sy ure lank op ambulans wag
“Ons het soveel oproepe na die nooddienste gemaak. My vrou het selfs geskree dat ons dringend hulp nodig het, dat iemand sterf, terwyl ek met die personeel van die inbelsentrum op die foon was.”
Covid-19: Verdere daling in nuwe gevalle
Só lyk die jongste Covid-19-syfers.
Navorsing: SA onnies oorwerk, te laag geskat
Luidens dié navorsing word onderwysers met nietighede opgesaal, wat min tyd laat om werklik aandag aan leerders te gee.
Gedagte vir die dag: Wees eensgesind
Ek pleit by julle in die Naam van ons Here Jesus Christus om eendragtig saam te staan – één in julle oortuigings. Daar mag nie groepvorming onder julle wees nie. Julle moet van harte saamstem in julle denke en in julle visie. (1 Korintiërs 1:10)