Phelo Mtala, ’n veroordeelde moordenaar, het in 2019 uit aanhouding ontsnap toe hy doodluiters uit die Wynberg-landdroshof in Kaapstad gestap het.
Lees meerAlles vir Donderdag 16 September 2021
Chinese ruimtevaarders keer terug ná 3 maande
Dit was China se langste bemande ruimtevaart en die eerste in byna vyf jaar.
Vakbonde bereik ‘baanbreker-ooreenkoms’ met Harmony Gold
Die ooreenkoms word as ʼn “grondverskuiwende oomblik” bestempel weens die verbetering op mynwerkers se basiese salarisse en die gemeenskaplike bedinging wat plaasgevind het.
Die padkaart na kulturele selfbestuur
“Daar is nie meer maklike, ideale planne oor nie. Die mislukking van staatsbestuur kan net volhoubaar opgelos word deur groeiende selfbestuur.”
ToekomsVenster: Om altyd bly te wees
As God die bron en die adres van ons blydskap is, moet dit mos onder alle omstandighede wees, of hoe?
Hoogste hof sê Vrydag oor Zuma
Die aansoek is in Julie aangehoor waartydens Zuma se regspan aangevoer het dat hy die enigste gevangene in die land is wat nie ’n regverdige verhoor gehad het nie.
‘Wonderwerk op wonderwerk’ ná baba se longe platval
“Sy het haar asem diep ingetrek toe sy wou begin huil en met dié het daar stukkies neute in haar longe beland.”
Prokureur reël, oorleef eie sluipmoord
Die Amerikaanse prokureur Alex Murdaugh wou homself laat vermoor sodat sy seun ’n lewensversekeringsvoordeel kon ontvang.
Clint Eastwood terug in die saal
Die legendariese Hollywood-ster verskyn Vrydag op die silwerskerm as ʼn voormalige rodeokampioen wat ʼn laaste taak het om af te handel.
‘Thor’ gaan spiere vir Ulster bult
Duane Vermeulen het in sy tyd by die Blou Bulle ’n gedugte eenheid met Jake White gevorm en die Pretorianers het in dié tydperk ’n rits trofees gewen.
Uittrede wink dalk vir CrossFit-legende in 2022
Rich Froning is nog so gevaarlik soos altyd, maar om jou CrossFit-loopbaan met tien goue medaljes af te sluit, sal enigiemand trots maak.
Nuwe seisoen vir Geopende Deure
“Ek is geseënd om die Here te volg na verskillende beroep- en lewensavonture. Nou is ek in ‘n nuwe seisoen van toewyding en ondersteuning om die vervolgde kerk te versterk.”
#JongStemme: Die leuen van die reënboog
Daar is vele waardevolle lesse uit die ryke geskiedenis van die mensdom te leer. Min is egter so relevant tot die hedendaagse Westerse samelewing soos die feit dat nasies mét mag nog altyd nasies daarsónder se kulture onderdruk en dikwels heeltemal uitgewis het, skryf Albertus Liebenberg, ‘n meestersgraadstudent aan die Universiteit Stellenbosch.
Suzuki Hayabusa – ’n Toetsrit word ’n toer!
Ek het nooit verstaan hoekom die Hayabusa soveel aanhang geniet nie. Ek verstaan nou.
Video: Só lyk suiderlig uit die buitenste ruim
Die Franse ruimtevaarder Thomas Pesquet het ʼn unieke uitsig gedeel van die suiderlig (ook genoem Aurora australis) soos gesien van die Internasionale Ruimtestasie (ISS).
Podlitiek: Politieke moord, Cyril met Zuma vrylating akkoord, Merkel se laaste woord
In dié week se episode van Podlitiek bespreek die span die afgelope naweek se politieke moorde in KwaZulu-Natal, pres. Cyril Ramaphosa wat glo die groen lig gegee het vir mediese parool vir oudpres. Jacob Zuma en laastens die komende verkiesing in Duitsland.
Regstreekse gesprek: Groen ligte en gevaarligte van die entstofpas
Regstreekse gesprek: Die departement van gesondheid het verlede week gesê hulle oorweeg entstofpasse vir diegene wat die Covid-19‑entstof ontvang het, om hulle in staat te stel om kultuur‑ en sportgeleenthede en ander openbare byeenkomste by te woon. Paul Maritz gesels met Hermann Pretorius, Piet Mouton en Morné Malan.
Magda glimlag oor Wêreldkampioenskap-avontuur
“Ek moes myself heeltyd knyp om seker te maak dis nie ’n droom nie.”
Taalgebruik: onthou, herinner, herinnering
Talle gebruikers van Afrikaans struikel oor gebruik van “onthou”, “herinner” en “herinnering”.
Adjunkminister in presidensie sterf
Prof. Hlengiwe Buhle Mkhize het vroeër as minister van binnelandse sake en minister van hoër onderwys en opleiding gedien.