Die Suid-Afrikaners is op koers om met die silwerware in Kanada weg te stap.
Lees meerAlles vir Sondag 19 September 2021
Nege registrasiepunte bly gesluit weens protesoptrede
Suid-Afrikaners sal Maandag nog op die OVK se aanlyn portaal kan registreer.
Regering teleurgesteld oor SA op Britse ‘rooilys’ bly
Suid-Afrika verskyn steeds op die Britse regering se sogenaamde rooilys nadat die lys onlangs hersien is.
Internasionale oorsig: Johnson op die agtervoet in Brittanje
Gerugte het selfs die afgelope week in die Britse media die rondte gedoen oor die moontlikheid vir ’n vervroegde verkiesing.
Voormalige Paralimpiese swemmer in koma
Achmat Hassiem het sy regterbeen in ’n haai-aanval verloor en later ’n brons medalje op die Paralimpiese Spele in Londen verower.
Meer as 1 miljoen Oos-Kapenaars ten volle ingeënt
Die provinsie wil teen Maart volgende jaar kudde-immuniteit bereik.
MotoGP: Binder eindig negende ná hy sy plek oopveg
Binder wat 17de weggespring het nadat hy Saterdag tydens kwalifisering geval het, het Sondag gaandeweg sy plek oopgeveg.
Nog twee sterf in ongeluk wat burgemeester eis
’n Voetganger het glo oor die Goue Hoofweg gehardloop waarna die ongeluk plaasgevind het.
Gewese bendelede nou rolmodelle op Kaapse Vlakte
“Ek wil net sê daar is hoop. En daardie hoop is in Jesus Christus.”
Video: Pieterse se plettervat maak opslae
Die Suid-Afrikaans gebore slot is summier met ’n rooikaart van die veld gejaag en Nigel Owens meen dat die speler lank geskors kan word.
Vermiste vrou se verloofde nou ook skoonveld
Die vermiste Gabrielle Petito se verloofde is dae gelede gesien.
Natuurlike immuniteit dalk beter as entstof?
Navorsing dui daarop dat dié wat reeds van Covid-19 herstel het, genoegsame weerstand teen die virus opgedoen het, wat die toedien van die entstof oorbodig maak. Nie almal stem egter hiermee saam nie.
Pasgebore baba dood in dam gevind
Die baba is in die vlak water aangetref.
Bok in ’n ongewenste hok
“Hulle het ons in elke faset van die spel ore aangesit.”
Zuma wil hom nou tot Afrika-hof wend
Alle aanduidings is dat oudpres. Jacob Zuma hom nie by die Konstitisionele Hof se jongste uitspraak gaan berus nie.
Gholf: Branden-hulle kan maar net kopskud
Suid-Afrika se Branden Grace het 67 houe in die derde ronde aangeteken en op 207 geëindig, nege minder as die baansyfer.
Twee sterf op vissersboot aan Weskus
Die bemanning het die owerhede laat weet hulle is op pad na die hawe in Yzerfontein met twee vissermanne wat vermoedelik dood is.
Drie beseer toe wildreservaat brand
Die reservaat se diere kon net betyds na veiligheid geneem word voordat die vlamme sewe kampe verswelg het.
Gesin vra moordondersoek ná klipgooi-voorval pa eis
Die skuldiges het tot die baadjie en skoene van die pa van drie se liggaam af gesteel.
Burgemeester sterf in ongeluk ná veldtog in Soweto
Jolidee Matongo het maar sowat ’n maand as burgemeester van Johannesburg gedien.