Sitole se werk is in die weegskaal en hy kan nou redes by pres. Cyril Ramaphosa aanvoer oor waarom hy nie geskors behoort te word nie.
Alles vir Donderdag 7 Oktober 2021
AVBOB ondersteun klein ondernemings met R10 miljoen-hulpfonds
Grootskaalse verwoesting in KwaZulu-Natal en Gauteng in Julie 2021 het verskeie klein nie-versekerde ondernemings verwoes. AVBOB het gevolglik die R10 miljoen- AVBOB Rampverligtingsfonds gestig waarmee dié groep die nood van soveel moontlik benadeeldes wil verlig.
TymeBank kry Foschini-baadjie
Die digitale bank TymeBank het sy skoene onder die Foschini-groep se bed ingeskop.
Spesiale taakspan vir polities gemotiveerde geweld in Pretoria
Die taakspan is ontplooi ná kommer oor die gemeenskap se veiligheid in aanloop tot vanjaar se munisipale verkiesing in November.
Kind, vier ander sterf in gru-botsing
Verskeie kinders was Woensdag in twee afsonderlike trompop botsings betrokke.
Foto’s: Daniel Craig met Hollywood-ster vereer
“Ek het nooit gedink dat myself dit sal hoor sê nie, maar dit is ʼn absolute eer om vertrap te word in Hollywood.”
Busbestuurders, passasiers as gyselaars aangehou
Die verdagtes het ʼn losprys van R10 000 geëis terwyl hulle vuurwapens op die insittendes gerig het.
Vrou oorval deur oproepe nadat nommer in ‘Squid Game’ verskyn
“Dit is ʼn nommer wat ek al vir langer as tien jaar gebruik, so ek is nogal uit die veld geslaan. Daar is meer as 4 000 nommers wat ek van my foon af moes vee.”
Jaarlikse mammogramme kan lewens red
ʼn Jaarlikse mammogram vir vroue tussen die ouderdom van 40 en 49 word sterk aanbeveel, aangesien die spoed waarteen gewasse groei in dié ouderdomsgroep verdubbel.
WGO beveel eerste malaria-entstof vir kinders aan
Die WGO beveel aan dat kinders in Afrika suid van die Sahara en ander streke met matige tot hoë malariavoorkoms vier dosisse tot op die ouderdom van twee ontvang.
Vermeende lede van kapingsindikaat gestuit
Volgens die veiligheidsmaatskappy lyk dit of die kapers agter die vrag in die sleepwa aan was.
Covid-19-statistieke: Nuwe gevalle neem weer toe
Die positiwiteitskoers is ook hoër.
Zululand-munisipaliteit kap terug oor duur ontbyt
Die munisipaliteit sê hy het miljoene rande se infrastruktuurbeleggings danksy die ontbytgeselligheid gekry.
Gedagte vir die dag: Wat beteken die beeld?
Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.” (Genesis 1:26)