’n Pasgebore baba het oorleef nadat sy vir langer as 24 uur in ’n tas in ’n vlak graf begrawe was in Tsomo in die Oos-Kaap.
Lees meerAlles vir Vrydag 15 Oktober 2021
11 metrobeamptes vas vir aanranding
Die 11 beamptes is Vrydag in hegtenis geneem in verband met ’n voorval vroeër die maand waar drie lede van die publiek glo in die Pretoriase middestad aangerand is.
Gyseldrama: ‘Om hul te paai is bespotting van oppergesag van reg’
In stede daarvan om die optrede van individue wat na bewering verskeie ministers gyselaar gehou het te veroordeel, is ’n bespotting van die oppergesag van die reg gemaak deur die beweerde oortreders te paai.
Britse LP sterf na mesaanval
’n Britse parlementslid is Vrydag dood nadat hy verskeie kere met ’n mes gesteek is tydens ’n geleentheid in sy plaaslike kiesafdeling in die suidooste van Engeland.
Niehaus gaan nou ook OB nader namens ANC-werkers
“Dit is ondenkbaar dat hierdie regeringsinstansies nie bewus was van sulke kriminele dade deur die ANC nie.”
ToekomsVenster: Vertrou Hom vir meer
God is in staat om meer te doen as wat ons bid of dink, trouens, ons dink dalk heeltemal te klein oor ons lewens en wat God se bedoeling daarmee is.
Man vas wat mense glo uit miljoene bedrieg
’n 35-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy niksvermoedende beleggers glo uit meer as R7 miljoen bedrieg het.
Ingeëntes sal binnekort na VSA mag reis
Amerika se grense is einde Maart verlede jaar vir reisigers van reg oor die wêreld gesluit in ’n poging om die verspreiding van die koronavirus te vertraag.
Skok, ongeloof oor juwelier se skietdood
Mark Kopelowitz is Maandag in sy juwelierswarewinkel deur gewapende rowers doodgeskiet.
Monument spog met replika van Voortrekker-veldslag
Die replika herdenk die sowat 40 Voortrekkers wat in 1836 staande gebly het teen ʼn oormag van 4 000 Ndebele-vegters.
Ministers sê oor gyselaarsdrama: ‘Dit was nie ’n bloedbad’
“Ons het nie bedreig gevoel nie. Ons het wel ongemaklik gevoel dat ons teen ons wil daar gehou word.”
Video: Nataniël gesels oor ‘107 Kaalkoppe’
Nataniël vier 20 jaar as Kaalkop-rubriekskrywer met hierdie nuwe versameling van sy gewilde rubrieke wat van 2012 tot 2021 in Sarie verskyn het.
‘Veg teen verval, maar bou self’
Die uitvoerende hoof van AfriForum sê alternatiewe planne moet gemaak word waar die regering misluk en gemeenskappe moet hul eie planne versnel om self sterker en veiliger te wees.
Dis ‘merke, gereed …’ vir matriekeksamen
Werkers wat betrokke is by die druk van vraestelle moes ook vertroulikheidsooreenkomste teken, nadat matriekvraestelle verlede jaar uitgelek het.
Ruan Josh se gebedsboksie-projek skep hoop vir leerders
“Hierdie is nie iets wat ek uit my eie doen nie. Die projek word deur God georkestreer en ek luister na sy leiding.”
Glencoe-boer steeds agter tralies
Garth Simpson staan onder meer tereg op aanklag van moord ná die skietdood van ʼn tiener verlede maand.
Kêrel aangekla ná tweejarige ma skiet
Die vuurwapen was versteek in ʼn rugsak met prente uit die tekenprent Paw Patrol daarop.
Sekuriteit-super-app se beleggingsgeleentheid bars uit sy nate
Die Secure Me SA super-app is ontwikkel om in minder as ses minute die naaste gewapendereaksie-voertuig by jou GPS-ligging te bring – 24 uur per dag, sewe dae per week.
Vermoorde atleet se man aangekeer
Die polisie het die Keniaanse atleet Agnes Tirop se man opgespoor deur sy selfoonnommer na te speur.
Wen: Col’Cacchio vier plaaslike gemeenskappe met pizza
Vier Suid-Afrikaanse gemeenskappe saam met Col’Cacchio en staan ʼn kans om een van vier geskenkbewyse ter waarde van R500 te wen om pizza by dié restaurantgroep te geniet.